Landbouweekblad

Erger as die dood

- HART TOT HART DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Intussen sing ek die beginwoord­e van ’n bekende kerklied: ‘God is hier teenwoordi­g; laat ons biddend nader . . .’

Ek het nie onmiddelli­k ’n antwoord gehad toe iemand my vra wat erger is as die dood nie. Dis ’n moeilike vraag, was my eerste reaksie. “Gee my kans om daaroor te dink,” het ek gesê. Maar hy wou nie wag nie en het sy eie antwooord begin formuleer. “Dis om eintlik net te bestaan as jy, volgens billike oordeel, al moes doodgegaan het,” meen die goeie vriend van my, met ’n wrang trek op sy gesig. Sy mening het hy klinies en eerlik uitgespel.

Ek was vir ’n paar oomblikke sprakeloos. Stil-stil het ek vir myself gesê: “Versigtig nou, Boeta, jy staan op glibberige grond.”

Ek kon aanvoel hoe hy my gedagtes soos ’n boek lees. Hy’t immers geweet ek weet waarom hy so sê. Die vrou wat hy innig lief het en al jare lank mee ’n gelukkige huweliksle­we geniet, was toe al twee jaar lank afgetakel tot iemand wat nie meer geweet het wie sy is nie; iemand wat aan hom ook onbekend was. Sy was liggaamlik nog redelik sterk en dit het, tragies genoeg, die probleem net verder gekomplise­er. Die mens wat na haar omsien, moes heelwat sterker as sy gewees het.

Sy het haar sedelike bewussyn verloor en kon nie meer tussen reg en verkeerd of goed en kwaad onderskei nie. Sy het ook haar godsbewuss­yn verloor, want sy kon nie self tot God om hulp roep nie. As ’n mens daardie twee dinge verloor, bestaan jy nog, maar ’n ander soort “dood” het ingetree – die dood van jou verhewe mensheid.

Ek het my vriend diep jammer gekry, want ek het sy swaarkry deels geken. Ja, deels, want om so iets te ken is één ding, maar om dag vir dag daarmee saam te leef – ook in die nag wanneer sy onrustig ronddwaal op soek na sy-weet-nie-wat-nie – dít is sleg in ’n ander gedaante. Hoe troos ’n mens so iemand?

Ek dink nog daaroor. Intussen sing ek die beginwoord­e van ’n bekende kerklied: “God is hier teenwoordi­g; laat ons biddend nader . . .”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa