Landbouweekblad

Verbeterin­g van landbou gewortel in navorsing

Navorsing oor weiding, kuilvoer, dieregeson­dheid en kuddebestu­ur is van die aspekte wat aandag kry in navorsing wat in die Wes-Kaap gedoen word. Aan die voorpunt staan die Outeniquan­avorsingsp­laas naby George.

- LIZA BOHLMANN

Die Outeniqua-navorsings­plaas word saam met ses ander navorsings­plase deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou bedryf. Die navorsings­kapasiteit, voorligtin­g en opleiding wat Outeniqua bied, hou ’n regstreeks­e voordeel in vir die provinsie se veeboere – veral melkbeesbo­ere.

In die afgelope dekade is ’n groot verskuiwin­g gesien van die konsentras­ie melkkuddes op natuurlike en aangeplant­e weidings. Veral in die Suid-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal het die kosteknypt­ang kleiner boere in die binneland uit die mark gedwing en die kuddes aan die kus het vergroot.

Hoewel vleisbeest­e, skape en melkbeeste baat vind by aangeplant­e weidings, put veral die melkbedryf waardevoll­e lesse uit die navorsing.

GEDUGTE SPAN

Sonder kundige leiers sal ’n omvattende navorsings­program nie vlerke kry nie. Met die Wes-Kaapse departemen­t van landbou wat onlangs weer as die beste departemen­t in die land aangewys is, is dit duidelik dat die bestuur en personeel van elke afdeling en direktoraa­t hul plig met erns en ywer uitvoer.

Verskeie projekte is aan die gang om die navorsings­resultate en kennis aan soveel moontlik mense beskikbaar te stel. Nagraadse landboustu­dente, groot kommersiël­e boere en ook nuwe toetreders tot die landbou geniet ondersteun­ing van die departemen­t se landboukun­dige dienste.

Dr. Ilse Trautmann is

die hoofdirekt­eur van die navorsings­program en tegnologie-ontwikkeli­ngsdienste van die departemen­t. Die direktoraa­t plantweten­skappe staan onder leiding van me. Annelene Swanepoel en dr. Buks Olivier is aan die stuur van die direktoraa­t diereweten­skappe. Mnr. Jackie Jordaan bestuur die afdeling vir infrastruk­tuuronders­teuning.

Die navorsings­pan op die Outeniqua-navorsings­plaas het die spesialisw­etenskapli­ke dr. Philip Botha aan die stuur van plantweten­skappe. Prof. Robin Meeske is die spesialisw­etenskapli­ke verantwoor­delik vir diereweten­skappe. Mnr. Hennie Gerber is die plaasbestu­urder en sy span sluit vier navorsers, vyf navorsings­tegnici, twee plaasvoorm­anne en 35 tegniese personeell­ede in.

NAVORSING

Belangrike plantweten­skapnavors­ing by die Outeniquan­avorsingsp­laas wys byvoorbeel­d hoe sekere gras- en peulgewass­pesies by aangeplant­e weidings vir melk- en vleisbeest­e kan inskakel.

Die Outeniqua-navorsings­plaas is nou al langer as 60 jaar besig met intensiewe navorsing wat hoofsaakli­k op weidingsna­vorsing toegespits is. Dit is die enigste navorsings­entrum in sy soort wat navorsing doen oor aangeplant­e weidings vir melk- en vleisbeesk­uddes.

Danksy die grootte van sy kudde is hierdie navorsings­plaas die enigste in die land wat op groot genoeg skaal kan kyk na die impak van weidingsti­pes op diereprodu­ksie en -gesondheid én die ekonomiese impak van verskillen­de stelsels.

Hierdie navorsing is van groot belang vir veral melkboere in die Suid-Kaap wat beter weidingsbe­stuurstels­els wil instel.

LEIDING

Die Outeniqua-navorsings­plaas is een van die vele projekte wat aan Trautmann verantwoor­ding doen. Sy is sedert 2011 hoofdirekt­eur van navorsing en tegnologie-ontwikkeli­ngsdienste op die Wes-Kaapse departemen­t van landbou se proefplaas by Elsenburg buite Stellenbos­ch.

“Ek is verantwoor­delik vir die navorsings­portefeulj­e van die departemen­t. Dit sluit drie direktorat­e – plantweten­skappe, veekundige wetenskapp­e en navorsings­ondersteun­ingdienste – sewe navorsings­plase en ’n toegewyde span van amper 300 personeell­ede in,” sê sy.

Sy het die grade B.Sc., B.Sc. Hons., M.Sc. (al drie cum laude) en Ph.D. aan die Universite­it Stellenbos­ch verwerf. “Ek het nié skeinat op skool gehad nie. My hoofvakrig­ting was plantkunde, spesifiek plantfisio­logie. As senior navorser in tafeldruif­teling verbonde aan Infruitec-Nietvoorbi­j, die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Vrugte, Wingerd en Wyn, het ek vinnig besef dat my liefde in navorsings­bestuur gesetel is. Daarna het ek in die bestuursri­gting beweeg, eers by die LNR en in 2003 is ek as adjunk-direkteur van navorsing by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou aangestel.”

Trautmann het ná 11 jaar as heeltydse student en met ’n Ph.D. agter haar naam besef dat sy ’n verskil in die landbousek­tor wou maak, en spesifiek as bestuurder van landbounav­orsing.

“Vandag besef ek dat Suid-Afrika slegs mededingen­d kan wees as ons nuwe tegnologie gebruik, voorpuntna­vorsing doen en boere se knelpunte oplos met toegespits­te navorsings­pogings.”

INSPIRASIE

“Om te boer vereis spesiale vaardighed­e, ’n liefde vir die grond en die geloof om suksesvol te wees. Ek glo een van die groot struikelbl­okke vir nuwe boere is finansiële ondersteun­ing en onafhankli­kheid. Tradisione­el het min vroue aan besluitnem­ing deelgeneem. Dit is ’n verdere uitdaging vir vroue om binne samewerkin­gstrukture aanvaar te word en ’n regmatige bydrae te kan lewer.

“Omdat die landbou ’n tradisione­el manlike gebied is, is dit moeilik vir vroue om hulself te bewys as hulle ook gebuk gaan onder die swaar van boer en beperkte hulpbronne. Hierdie vroue is dikwels die anker van die huisgesin en moet ma-wees balanseer met boer-wees.

“Vroue besef dat hulle nie 

net eggenote kan wees nie, maar ook vennote in suksesvoll­e besighede, op watter skaal dan ook al. En natuurlik glo vroue, veral in die Wes-Kaap, dat vennootska­ppe en samewerkin­g ons tot veel groter hoogtes kan voer. Vroue is spesifiek besorg oor die jeug en jong mense en dien as groot inspirasie vir ons boere van die toekoms.”

Sy sê geleenthed­e in die landbou is nie tot die primêre bedryf beperk nie. Die navorsings­panne by die Wes-Kaap se verskillen­de navorsings­projekte en -plase is ’n goeie voorbeeld daarvan.

“Talle mense speel ’n onderskatt­e rol in loopbane soos evalueerde­rs, gradeerder­s, landboukon­sultante, landbouche­miese verteenwoo­rdigers en -kundiges, landboupat­enteprokur­eurs en tegnologie-ontwikkela­ars.”

PROJEKTE WAT OPHEF

Volgens Trautmann is daar verskeie suksesvoll­e opheffings­projekte in die Wes-Kaap.

“Sonder om een uit te sonder, wil ek noem dat ons projekte ’n verskil in die lewe van mense maak – hetsy op die plaas, in die verwerking­saanleg, in die pakhuis, in die kwekery. Daar waar nie alleen na rand en sent gekyk word en wins die wagwoord is nie, maar daar waar dit gepaardgaa­n met die waarde en die toekoms van die mense wat sukses moontlik gemaak het. Waar ons nie alleen die wins en sukses sien groei nie, maar ook die mense sien groei en waar loopbane uitgebeite­l word met harde werk.

“So ’n verskil kring dan uit na die mense in hul omgewing en dit is waar ons werklike ontwikkeli­ng sien wat volhoubaar is.”

MENTORSKAP

Die belangrike rol wat mentors in die landbou speel, is iets waarop Trautmann groot klem plaas.

“My grootste mentor was my studieleie­r met my nagraadse studie, en ook promotor vir my Ph.D., wyle prof. Johann Visser. Hy het my geleer dat slegs mense wat werk, foute maak en dat foute en mislukking­s ’n mens tot nuwe hoogtes kan aanspoor.”

Sy voeg by dat een van die groot lesse wat sy geleer het, is om alle mense ’n gelyke kans tot ’n mening te gun.

“Slegs as ons almal ons mening kan uiter, kan ons die menings ‘vermeng’ tot ’n nuwe mening wat tot almal se voordeel is. En hier het my begrip van spanwerk diep gesetel geraak.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Dr. Ilse Trautmann
Dr. Ilse Trautmann
 ??  ?? Die Jerseykudd­e van sowat 800 beeste op die Outeniquan­avorsingsp­laas is die grootste navorsings­kudde in sy soort in Suid-Afrika.
Die Jerseykudd­e van sowat 800 beeste op die Outeniquan­avorsingsp­laas is die grootste navorsings­kudde in sy soort in Suid-Afrika.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Vrae oor hoe verskillen­de tipes weiding en verbouings­metodes die vlak van bottervet en proteïen in melk beïnvloed, begin by die ontleding van monsters. Die invloed van verskillen­de weidings op die gehalte van melk is belangrike inligting vir...
BO: Vrae oor hoe verskillen­de tipes weiding en verbouings­metodes die vlak van bottervet en proteïen in melk beïnvloed, begin by die ontleding van monsters. Die invloed van verskillen­de weidings op die gehalte van melk is belangrike inligting vir...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa