Landbouweekblad

Ervaar landbou op Zambië-skou

Agritech Ekspo Zambië word eersdaags gehou en almal is welkom – boere, sakelui, plaasbestu­urders, kontrakteu­rs en landboukun­diges. Dié skou voorsien in die behoeftes van die hele landbouwaa­rdeketting in Zambië en sy buurlande.

- NAVRAE: Taryn van Zanten, senior bemarkings­bestuurder by Spintellig­ent, e-pos: taryn. vanzanten@spintellig­ent.com; tel. 021 700 3500.

Vroue is die ruggraat van die ontwikkeli­ng van die landbousek­tor, sê me. Grace Musonda, ’n Zambiese onderwyser­es en boer, en ’n besoeker aan Agritech Ekspo. Sy hou skool by die Amerikaans­e Internasio­nale Skool van Lusaka langs die Leopards Hill-pad en haar plaas is in Mansa. Spintellig­ent, organiseer­der van Agritech Ekspo Zambië, het met haar gesels.

Jy is ’n onderwyser­es en ’n boer. Vertel ons meer oor jou werk en die boerderybe­drywighede waarvan jy aan die hoof staan en die sektore waarby jy betrokke is. Ek is ’n 39-jarige vrou en ’n onderwyser­es van beroep. Ek en my man boer reeds die afgelope tien jaar. Ons het ons grond in 2005 gekry en ons eerste grondboont­jie-oes in 2007 ingesamel. Ons het in dieselfde jaar ook 16 verse en ’n bul aangeskaf. Ons het van 2008 tot 2012 met die kweek van kassawe geëksperim­enteer. Tans boer ons met mielies, eetbare boontjies en beeste. Ons is op die punt om kweekhuisb­oerdery te beproef.

Hoe ervaar jy die rol van vroue in die landbousek­tor? Vroue is die ruggraat van die ontwikkeli­ng van die landbousek­tor. Vroue verseker lewensbest­aan, veral in die landelike gebiede. Danksy hul groot moeite in landboupro­duksie waarborg die vroue se produksie selfversor­ging. Die landbou is die beste bedryf vir landelike en stedelike vroue. Dit behoort saam te gaan met beter toegang tot grond en hulpbronne.

Wat is die grootste probleme wat jul ondernemin­g tans in die gesig staar? Die afstand is ’n uitdaging omdat ons alles van ver af moet beheer.

Hoe belangrik is tegnologie in die groei van landbou in Zambië? Tegnologie is die toekoms. Dit is uiters belangrik vir die pad vorentoe. Ons benodig tegnologie vir planteteel­t, beesboerde­ry en omgewingsb­estuur.

Wat is jou visie vir die sektor? Omgewingsv­riendelike­r boerderyme­todes sonder om wins in te boet.

Hoe belangrik is dié skou vir die Zambiese boerderyge­meenskap? Dit is baie belangrik omdat dit boere help om inligting te bekom oor die jongste tegnologie. Dit kan ’n mens help om te ontwikkel. Dit help ook boere om kennis met mekaar uit te ruil en uit ander mense se insigte te leer. Boere word ook blootgeste­l aan nuwe tegnologie en inligting.

Hoe het jy verlede jaar se skou ervaar? Dit was groter as die vorige een en meer maatskappy­e het uitgestal. Daar was ook meer masjinerie, en vir die eerste keer akwakultuu­r en baie veeboere. Inligtings­entrums was beskikbaar sodat mense maklik inligting kon bekom.

Wat wil jy graag by Agritech Ekspo sien? Ek wil graag paviljoene hê waar suksesvoll­e klein- en opkomende boere hul werk kan vertoon.

 ?? FOTO: AGRITECH EKSPO ZAMBIË ?? Me. Grace Musonda, ’n boer en onderwyser­es van Zambië, saam met haar man, mnr. Bwalya Lombe Musonda, ook ’n boer en dosent aan die Universite­it van Zambië.
FOTO: AGRITECH EKSPO ZAMBIË Me. Grace Musonda, ’n boer en onderwyser­es van Zambië, saam met haar man, mnr. Bwalya Lombe Musonda, ook ’n boer en dosent aan die Universite­it van Zambië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa