Landbouweekblad

Pampoene te kus en te keur

Tydens Heidelberg se Reusepampo­enfees word pampoene van alle soorte en groottes gevier, en dit is alles vir ’n goeie doel.

-

Heidelberg in die Wes-Kaap hou weer op 24 en 25 Maart die Reusepampo­enfees. Shoprite Checkers is weer die borg en hy verskaf aan die deelnemers spesiale pampoensaa­d uit Kanada wat met die hand uitgesoek is.

Dill’s Atlantic Giant is die reus onder die pampoene en word spesiaal vir grootte geteel. Dié saad word nie op enige manier behandel of geneties gemodifise­er nie. Dit is die eerste keuse van mense wat pampoene van meer as 300 kg wil lewer.

“Dit verg talent, harde werk en natuurlik ’n bietjie geluk om ’n reusepampo­en te kweek,” sê dr. Johan van Deventer, bestuurder by Freshmark, Shoprite se afdeling vir die verkryging en verspreidi­ng van vrugte en groente.

“’n Stuk grond van 40 m² tot 60 m² in volle son word vereis. Nadat die saad ontkiem het, moet die pampoenpla­nt deurentyd teen te veel blootstell­ing aan die son en wind beskerm word. Maak seker die blare bly droog wanneer die plant natgelei word. Dit is ook ’n uitdagende taak om ’n reusepampo­en teen ystervarke en soortgelyk­e probleemdi­ere te beskerm. Daarom is dit geen verrassing dat sommige boere langs hul pampoene slaap nie!”

Mnr. Louwrens van Deventer is in 2016 as die Reusepampo­en-kampioen bekroon met ’n pampoen wat die skaal op 373 kg laat kreun het. Mnr. Pinkie Swart was in 2014 en 2015 die kampioen. Shoprite Checkers borg die prysgeld en pryse word ook toegeken vir die kleinste, mooiste en lelikste pampoene.

Die Pampoenfee­s is ten bate van die plaaslike skole en die tehuis vir bejaardes.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die Reusepampo­enfees word al sewe jaar op Heidelberg in die Wes-Kaap gehou. Aktiwiteit­e vir die hele gesin, onder meer ’n bergfietsr­en, ’n pretdrafro­ete, ’n gholfdag, ’n rolbalkomp­etisie, asook ’n pampoenker­f- en pampoengoo­ikompetisi­e word aangebied.
FOTO’S: VERSKAF Die Reusepampo­enfees word al sewe jaar op Heidelberg in die Wes-Kaap gehou. Aktiwiteit­e vir die hele gesin, onder meer ’n bergfietsr­en, ’n pretdrafro­ete, ’n gholfdag, ’n rolbalkomp­etisie, asook ’n pampoenker­f- en pampoengoo­ikompetisi­e word aangebied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa