Landbouweekblad

’N GOEIE JAAR VIR SA MANGO’S

- — JASPER RAATS

Die Suid-Afrikaanse Mango kwekers vereniging( SA MK V) gebruik die goeie oes van Kent- en Keittmango’s wat tans op die winkelrakk­e is, om verbruiker­s bekend te stel aan die verskillen­de gebruike van groenskil-mango’s.

Die klem in vanjaar se veldtog is op die identifise­ring van ryp vrugte waarvan die skil na ’n ligter groen verkleur wanneer dit reg is om te eet. Verbruiker­s word ook touwys gemaak oor alternatie­we maniere om dié groter, soeter vrugte te gebruik.

Die SAMKV sê vanjaar se oes was in die algemeen aansienlik beter as die oes van 2015-’16 waarvan ’n groot deel deur hael vernietig is. Die droogte het die oes ook erg benadeel. Nie net is die oes vanjaar groter nie, maar die vrugte is ook groter as verlede jaar. Om alles te kroon is minder siektes as in vorige jare aangemeld.

Met wisselvall­ige klimaat in groot dele van die land was vroeë kultivars, soos Tommy Atkins, op sommige plekke vanjaar twee weke vroeër gereed om gepluk te word as gewoonlik. Boere van Malelane en Hoedspruit het dié kultivar gelyktydig geoes en daar was soms ’n ooraanbod. Talle vrugte moes dus versap word. Boonop het internasio­nale kopers afgeskaal op hul bestelling­s vir droëmango’s uit Suid-Afrika, waarskynli­k weens kompetisie uit Wes-Afrikaland­e, soos Ghana en Burkina Faso.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa