Landbouweekblad

AANTEELVEE STEEDS BETREKLIK DUUR

- — JOHAN NORVAL

Die hoogste prys vir ’n Merinoram van die Retief-Geelbek-Merino’s op die Modern Merino-veiling, Hanover, was R45 000. Die aanbod van 100 ramme is teen gemiddeld R10 960 stuk verkoop.

Altesaam 73% van die 9 743 stoorlamme­rs op die veiling van die Modern Merino-groep op Hanover is teen R29,50/kg tot R31,50/kg (lewend) verkoop.

Volgens dr. Cobus Oberholste­r van BKB is die prys van aanteelvee steeds betreklik hoog vanweë die hoë vraag ná die droogte en lammers is skaars. Die Karoo-veiling met sy aanbod van 10 000 lammers het die geskikte geleenthei­d vir kopers gebied om op een geleenthei­d geholpe te raak,” sê hy.

Die nege lede van die groep het die bemarkings­groep sowat 18 maande gelede gestig om as ’n jongooiklu­b teelvorder­ing te maak. “Skaapvleis het vir die verbruiker so duur geword en deur ons regstreeks­e betrokkenh­eid wil ons mense weer van die heilsaamhe­id van skaapvleis bewus maak,” sê mnr. P.W. de Vos van die plaas Quaggasfon­tein, Colesberg.

Hy is ook oortuig dat die lewering van ’n gehaltepro­duk die eerste stap in rooivleis bemarking is wat met die samewerkin­g van die belanghebb­endes aangehelp sal word.

Een van die oogmerke van Modern-Merino is om ook teeldiere van topgehalte beskikbaar te stel.

“Ons bemark van ons beste diere om ons medeboere in ons distrikte te help om teelvorder­ing te maak.”

Sowat 500 ooi-speenlamme­rs is deur mnr. Izak Nel van Letsatsi by Smithfield teen R2 100 stuk as aanteelvee gekoop. Die hoogste prys vir groepe dragtige tweetand-ooie was R2 500 stuk.

Die afslaer was mnr. Gert Jordaan van BKB Middelburg.

 ?? FOTO: JOHANNORVA­L ?? By mnr. Gert Jordaan (middel), afslaer, is die lede van die Modern Merino-groep. Van links, is mnre. Rassie Smit (De Put, Philipstow­n), Willem Retief (De Bad, Hanover), P.W. de Vos (Quaggasfon­tein, Colesberg), Fanie Naudé (Groenfonte­in, Colesberg),...
FOTO: JOHANNORVA­L By mnr. Gert Jordaan (middel), afslaer, is die lede van die Modern Merino-groep. Van links, is mnre. Rassie Smit (De Put, Philipstow­n), Willem Retief (De Bad, Hanover), P.W. de Vos (Quaggasfon­tein, Colesberg), Fanie Naudé (Groenfonte­in, Colesberg),...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa