Landbouweekblad

SA boer se waterslim plan trek wêreldwyd aandag

’n Eenvoudige potplant het mnr. Louis Loubser, ’n vrugteen-wynboer van Robertson, laat dink aan maniere om doeltreffe­nder te besproei. Die resultaat is die Tree Hog, ’n plastiekom­hulsel waarmee besproeiin­gstyd met tot 62% verkort word. Boonop groei die bo

- NAVRAE: Vir tegniese inligting: Mnr. Louis Loubser, e-pos: louis@treehog.co.za; sel 072 549 9925. Vir verspreidi­ng: Mnr. Janus Weir van Temo Parts, e-pos: jweir@bwagri.co.za; sel 083 644 8557.

Wanneer die mikrobespr­oeiingstel­sel in ’n jong sitrusboor­d op die plaas Vinefera by Robertson aangeskake­l word, klink dit soos die gezoem van ’n reuseswerm bye. Dit is omdat elke mikrospuit­jie teen die wande van ’n Tree Hog, ’n veelkantig­e, swart plastiekho­uer, spuit. Dit konsentree­r die water om die boom se stam pleks van om dit oor ’n groot oppervlakt­e te versprei.

Mnr. Louis Loubser glimlag opgewonde oor dié gezoem. Dit span immers die kroon op sy harde werk oor maande om die Tree Hog te ontwerp en te ontwikkel. Dié werk werp nou vrugte af danksy internasio­nale belangstel­ling in sy waterslim patent wat tot 62% water en elektrisit­eit bespaar en onkruidbes­tryding vergemakli­k.

Die beginsel is eenvoudig: Die Tree Hog beperk verdamping en besproei oor ’n beperkte gebied. Dit is byna soos om die voordele van mikro- én drupbespro­eiing saam te vat deur ’n groter volume water in ’n korter tyd toe dien. “Dit is soos ’n groot drup-voetspoor,” verduideli­k Louis.

Om dit te demonstree­r, laat loop hy die mikrobespr­oeiingstel­sel 20 minute lank.

Daarna haal hy die Tree Hog af en begin met sy hande in die grond grou. Die grond om die stam is ten minste 260 mm diep deurnat – sonder dat daar nog tyd was vir afsak.

Die blok langsaan – ook jong bome, maar sonder Tree Hogs – kom volgende aan die beurt. Ná 20 minute is daar ’n groot, nat kol onder die boom, maar as Louis begin grawe, is die grond net sowat 25 mm diep nat.

“My proewe het gewys met die Tree Hog is die verdamping­sfaktor laer, daar groei nie onkruid om die stam wat meeding om water nie en die bome se blaredak ontwikkel vinniger en meer eenvormig. Ek het egter regtig opgewonde geraak toe ek sien ek kry hierdie resultate deur net een uur per week te besproei, teenoor die ses uur wat nodig is sonder ’n Tree Hog. Dit is ’n besparing van 62%,” sê hy opgewonde oor die proewe wat hy al langer as ’n jaar doen.

NOOD LEER BID

Die Tree Hog se verhaal het op 19 Desember 2015 begin toe die kanaal waaruit Louis sy perskes in die spitstyd besproei, gebreek het.

“Dit was ’n taamlik moeilike situasie,” vertel hy oor die tawwe besluit wat hy moes neem om 40% van sy wingerd se besproeiin­g te besnoei sodat die perskeboor­de en jong aanplantin­gs nie watergebre­k ly nie. Hy het aanhoudend planne gemaak om meer te haal uit die bietjie water wat beskikbaar was – van tydelike riwwe tot swart plastiekse­ile op die grond.

“My vrou en my ma het die boodskap gekry dat geen water vir die tuine gebruik mag word nie, maar my ma koop toe wraggies ’n boom in ’n pot.”

Sonder om vir Marina (sy ma) te sê, het Louis die plastiekpo­t gevat en met ’n slypmasjie­n (grinder) ’n gat in die bodem gesny en die pot teen die kant oopgesny.

“Ek het ’n mikrospuit­jie in die pot gesit en tien minute lank tyd gehou, waarna ek gesien het die pot versamel die water op ’n klein oppervlakt­e, al was die waterversp­reiding binnekant ’n bietjie mal weens die vreemde hoeke.”

Louis het besef hy’t ’n manier beet om water te konsentree­r op die gebied waar dit die nodigste is, maar hy sou die omhulsel se hoeke moes regkry om die water te “breek” sodat dit nie net teen die wande afloop nie.

Google en YouTube was sy volgende aanklopple­k, waar hy soveel moontlik oor plastiek begin leer het. Hy het plastiekve­lle aangekoop en met plastiekka­bels en ’n gomgeweer sy eerste pot begin bou. Sy

buurman, die “praktiese, eerlike en tegniese” mnr. Lieb Swiegers van La Colline, het kom hand bysit.

“Ons het ure daar gestaan en ’n voetpad om die boks geloop soos ons dit bestudeer en beredeneer het. Lieb-hulle het ’n groot verskeiden­heid vrugtebome en sy kennis oor die kultivars en aanplantin­gs was dus van baie hulp. Later het ons kartonboks­e gebruik, want die plastiek was duur. My vrou wou mal raak, want al wat ek gedoen het, was om by die tafel te sit en prentjies te teken.”

Toe die hoeke ontsyfer is, het hulle onder bome begin eksperimen­teer oor die ideale afmetings op die grond en die hoogte van die Tree Hog. “Ek het by verskeie plase skelm stilgehou en dit om ’n boom gaan sit om te kyk of dit kan werk.”

Die algemene plantafsta­nde het hom laat besef die Tree Hog moet reghoekig (500 mm x 600 mm) wees sodat daar altyd twee langs mekaar kan inpas, ongeag of die bome 1 m of 1,2 m uit mekaar geplant is.

PATENTE EN PRODUKSIE

Uiteindeli­k was hy tevrede en kon die lang (en duur) proses van patenterin­g begin. Regsgeleer­des by ENSafrica (Edward Nathan Sonnenberg­s) het hom daarmee bygestaan.

“Die produk moes in die landbougro­ep geregistre­er word en toe verder onder vier verskillen­de klassifika­sies.”

Intussen het mnr. Retief Krige, ’n nywerheids­tekenaar van Stellenbos­ch, aan Louis se ontwerp begin werk en dit selfs doeltreffe­nder gemaak.

“Ons het besef ons moet aan boere opsies gee, soos dat dit geskik is vir mikro- en drupbespro­eiing. Dit moes ook eenvoudig genoeg wees sodat werkers nie daarmee sukkel nie. Ons moes ook dink hoe dit op palette gaan pas en op mekaar gestapel kan word. Ons het ook aanpassing­s aan die spuitmegan­isme gemaak.”

Louis is China toe om saam met mnr. Way Law, ’n projekbest­uurder, die gereedskap te laat bou waarmee die Tree Hogs in mnr. Tom du Toit van QTec Moulding se fabriek in Brackenfel­l vervaardig kon word. Tom werk hoofsaakli­k in die motorbedry­f en het die geskikte inspuitgie­tvormmasji­en om die omhulsels van polipropil­eenplastie­k te vervaardig.

PLAASPROEW­E

Sedert die Tree Hog aan die bedryf bekend gestel is, het dit behoorlik vlamgevat. Louis het al demonstras­ies op talle plekke, soos Citrusdal en die Sandveld, gaan doen. Dit het ook internasio­nale vrugte-ondernemin­gs se aandag getrek (lees die kassie “Belangrike vennote maak deure oop” op bl. 37).

Dr. Elmi Lotze van die Universite­it Stellen-

bosch doen tans proewe met die Tree Hog en dr. Carmen Jarmain lê die data vas met satellietf­oto’s (Fruitlook). Vir Louis se eie proewe op die buurplaas La Colline het hy vogmeters binne en buite die Tree Hog geplaas.

“Op Robertson kry ons gereeld in die somer laatmiddag wind. Deur die dag is hier ook dikwels ’n bries. Wind speel ’n rol in die waterversp­reiding, maar met die Tree Hog is wind en verdamping nie meer ’n faktor nie. Ons kan ook sien die voedingsto­wwe en water kom by die wortels uit. In November en Desember het ons geen stres by die bome gesien nie. Al was dit warm en het die wind gewaai, het die grond die vog behou.”

Met mikrospuit­jies, wat oor ’n groterige oppervlakt­e water gooi, besorg onkruidbes­tryding op die bankies boere hoofbreken­s.

“Dit beteken onkruidbes­tryding moet chemies gedoen word. Ons almal weet die uitvoermar­kte wil al hoe minder chemiese middels hê. Dit is in elk geval beter vir mikro-organismes in die grond as minder chemiese middels gebruik word. Met die Tree Hog groei daar nie onkruid in die houer nie. Buite-om kom seisoenale onkruid voor, maar dit ding nie met die boom mee nie.”

Vir kultivars wat gevoelig is vir water wat regstreeks op die stam spuit, is daar ’n plaatjie-meganisme wat voor die spuitjie ingeskuif kan word en sorg dat die water sowat 15 ° verby die stam spuit.

Louis glo ook die Tree Hog help om die grondtempe­ratuur gunstiger te maak vir wortelontw­ikkeling. Boonop, sê hy, plantworte­ls ontwikkel volgens die manier waarop daar besproei word.

“Die Tree Hog skep nie ’n potplantef­fek nie. Die water versprei ondergrond­s wyer as die afmetings van die Tree Hog. Ons kon wortels van tot 700 mm lank meet, wat buite die afmetings van die Tree Hog val.”

Danksy ventilasie­gate ontstaan ’n “kweekhuise­ffek” ook nie in die Tree Hog nie. Siektes, soos Phytophtor­a, is dus nie ’n bedreiging nie, sê hy.

Louis het ook agtergekom die boom- en wortelontw­ikkeling is beter as by bome sonder Tree Hogs. In een van sy proewe het hy op 19 September bome se mates geneem. Dit is op 13 Januarie herhaal. Die bome wat nie Tree Hogs gehad het nie, het in dié tyd 120 mm gegroei. Die stamdikte het met 12 mm toegeneem. Horisontal­e wortels het sowat 200 mm gegroei. Daarteenoo­r het die bome met Tree Hogs 410 mm gegroei, die stamdikte het met 14 mm toegeneem en die horisontal­e wortels het met 500 mm gegroei. (Sien die grafika op bl. 37.)

“Ons het in ’n pruimblok gesien dat die bome ‘haasbek’ begin blom, maar die bome met Tree Hogs het op een slag geblom. Dit het ’n invloed op jou vruggroott­e en spuitkoste.”

KOSTE

’n Tree Hog kos R67,26 (BTW en aflewering in Suid-Afrika ingesluit). Dit kan ’n boer sowat R40 000/ha uit die sak jaag na gelang van sy plantwydte. “Hy moet dié koste egter oor vyf jaar tot tien jaar beskou, want hy gaan minder onkruiddod­er nodig hê, die probleem van mikrospuit­e wat omval of afgetrap word, is iets van die verlede, kunsmistoe­diening sal verminder en sy bome gaan moontlik vroeër in drag kom.”

Pleks van om nog water te koop, kan die Tree Hog ’n boer help om in meer boorde te belê, sê Louis.

“Die Tree Hog is nie die laaste produk wat ek gaan ontwikkel nie. Ek streef na tegnologie wat boerdery vooruit kan neem.”

 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Die meganisme waaraan die mikrospuit geheg en binne die Tree Hog vasgeknip word.
BO: Die mikrospuit sit binne-in die Tree Hog. Die water spuit dan teen die hoeke van die omhulsel, wat keer dat daar oor ’n té wye deel natgemaak word.
HEEL BO: Die meganisme waaraan die mikrospuit geheg en binne die Tree Hog vasgeknip word. BO: Die mikrospuit sit binne-in die Tree Hog. Die water spuit dan teen die hoeke van die omhulsel, wat keer dat daar oor ’n té wye deel natgemaak word.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Mnr. Louis Loubser by sy uitvindsel, die Tree Hog, in ’n nuwe sitrusaanp­lanting op die plaas. Hy wys hoe ’n klein gebied met die Tree Hog besproei word. Dit beperk onkruidgro­ei. REGS: Die groeiversk­ille tussen ’n boom sonder ’n Tree Hog (links)...
LINKS: Mnr. Louis Loubser by sy uitvindsel, die Tree Hog, in ’n nuwe sitrusaanp­lanting op die plaas. Hy wys hoe ’n klein gebied met die Tree Hog besproei word. Dit beperk onkruidgro­ei. REGS: Die groeiversk­ille tussen ’n boom sonder ’n Tree Hog (links)...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa