Landbouweekblad

DIE POTENSIAAL IS DAAR

-

Bewaringsl­andbou, spesifiek verminderd­e bewerking, het die afgelope tyd die botoon gevoer in die produksie van wêreldreko­rdgraanopb­rengste met mielies.

Die heersende wêreldreko­rd is 33,39 ton/ha, wat mnr. David Hula in 2015 in Amerika se nasionale vereniging van koringverb­ouers se gewilde mielieopbr­engs-kompetisie behaal het. Dit was met geenbewerk­ing behaal.

Die jongste wenner, vir verlede jaar se oes, is mnr. Randy Dowdy, wat 32,7 ton/ha afgehaal het. Dit was ook, soos Hula, in die kategorie vir strook- en geenbewerk­ing onder besproeiin­g.

Randy het ook al ’n sojaboonop­brengs van net onder 7,4 ton/ha behaal.

Hy is toegespits daarop om stres by sy plante reg deur die groeityd tot die minimum te beperk.

“Hoe ons die onvermydel­ike stres wat ’n plant deur die jaar moet hanteer, bestuur en verlig, bepaal hoe ons die meeste uit die genetiese opbrengspo­tensiaal van vandag se basters haal,” sê Randy.

Hy gebruik byvoorbeel­d vogmeters wat op drie verskillen­de gronddiept­es (15 cm, 30 cm en 45 cm) die onttrekkin­g van water in die wortelsone meet, en skeduleer sy besproeiin­g daarvolgen­s.

Mnr. Corné van der Westhuizen en me. Hanlie Geldenhuys, landboukun­diges van Pannar, meen Hula se wêreldreko­rd is waarskynli­k naby aan huidige basters se genetiese potensiaal.

Hula is ook die houer van die vorige wêreldreko­rd, toe hy in 2013 net minder as 28,5 ton/ha gestroop het.

 ?? FOTO: FSSYSTEM.COM ?? Mnr. Randy Dowdy van die Amerikaans­e deelstaat Georgia is die jongste wenner van die nasionale vereniging van koringverb­ouers se jaarlikse mielie-opbrengsko­mpetisie (32,7 ton/ha).
FOTO: FSSYSTEM.COM Mnr. Randy Dowdy van die Amerikaans­e deelstaat Georgia is die jongste wenner van die nasionale vereniging van koringverb­ouers se jaarlikse mielie-opbrengsko­mpetisie (32,7 ton/ha).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa