Landbouweekblad

SPROUT-SPRUIT

-

Pannar se slimfoonto­epassing (app), Sprout, is al meer as 3 000 keer afgelaai.

Dié nuttige stukkie gereedskap is veel meer as ’n ensikloped­ie of handboek. Dit word voortduren­d verfyn en met nuwe funksies bygewerk, sê me. Christin Hunter, kommunikas­iebeampte.

Sy sê ’n “Bakkie Buddy” vir sojabone, soortgelyk aan die bestaande aanlynveld­gids oor mielie-, koring- en sonnebloms­iektes, is op pad.

Nog ’n nuwe funksie op die horison is ’n diens waarvolgen­s ’n boer met sy slimfoon ’n foto van ’n siek plant sal kan neem en dit op die app laai, waarna dit aan ’n Pannar-landboukun­dige gestuur word om geïdentifi­seer te word.

Safex-pryse word elke 15 minute op die app bygewerk, en daar is ’n rits ander nuttige hulpmiddel­s, soos ’n funksie waarmee ’n boer verskillen­de kultivars sy aan sy kan vergelyk om die geskikste produk vir sy toestande te kies.

Ander spesialis-rekenaars op die app sluit in ’n plantestan­d-aanbevelin­g vir mielies, ’n oorplant-rekenaar en een waarmee opbrengs beraam kan word.

Die app kan gratis afgelaai word en is net 4 MB groot.

Dit kan gebruik word selfs al is daar nie ’n internet-sein beskikbaar nie. Net die bywerking van die Safex-pryse is van ’n internetve­rbinding afhanklik.

 ?? FOTO: MARLEEN SMITH ?? Me. Christin Hunter van Pannar bekyk die saadmaatsk­appy se Sprout-app.
FOTO: MARLEEN SMITH Me. Christin Hunter van Pannar bekyk die saadmaatsk­appy se Sprout-app.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa