Landbouweekblad

SKEERTYD VERVROEG

-

Tradisione­el was skeertyd in Oktober, November en Desember. In 2015 het hulle die skape met ’n masjien geskeer voordat hulle na die lande met oesreste gegaan het. Daardie wol het ’n skoonopbre­ngs van 75,01% behaal. Die treksterkt­e het ook verbeter tot 40-46 N/kt (die eenheid waarin treksterkt­e gemeet word).

Van BP se 14 lotte wol op een veiling was nege lotte 17,2 mikron en laer. Die fynste lot was 15,7 mikron.

Op die lande is die nuwe wolgroei nog kort genoeg teen die tyd dat daar genoeg groen grasweidin­g is sodat die stof op die lande nie ’n noemenswaa­rdige uitwerking op die skoonopbre­ngs het soos voorheen toe die skape met sesmaandew­ol op die lande gaan wei het nie.

Die veranderin­g in voeding vanaf gras na lande veroorsaak dat die wol in die middel gebreek het. “Nou skeer ons presies op die breek”, verduideli­k BP.

Op ’n wolveiling op 15 Februarie het Langfontei­n altesame 32 lotte wol van onder 17 mikron aangebied, waarvan die fynste lot 14,3 mikron was. Sommige van die lotte se treksterkt­e was tot 48 N/kt. Hulle het ook die hoogste prys op die veiling behaal (R150,60/kg) vir ’n lot van 15,6 mikron met ’n treksterkt­e van 40 N/kt. Dit kom neer op ’n skoonwolpr­ys van R212,95/kg.

Verlede jaar het die boerdery vir die sesde keer CMW/OVK se eerbewys ontvang vir die produsent met die hoogste omset en meeste kilogramme wol wat in ’n seisoen gelewer is.

Hulle het erge las van roofdiere, soos rooijakkal­se, rooikatte en bosvarke, wat onder die skape maai. Die varke beskadig ook gesaaides.

Daarom het die boerdery ’n paar spanne werkers op perde wat elke dag probleemdi­ere met honde jag. Hulle behaal groot sukses. Snags jag hulle met gesofistik­eerde toerusting.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa