Landbouweekblad

Kry só genotvolle jagtog in die visier

Met die jagtyd om die draai is talle jaggeesdri­ftiges besig om die laaste reëlings te tref. Mnr. Fred Camphor van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing gee sy wenke oor hoe om vir ’n jagvakansi­e voor te berei.

-

Voordat jagters in hul bakkies spring en die veld gaan aandurf, moet heelwat beplanning gedoen moet word.

“Eerstens moet jy bepaal wanneer en waar jy wil gaan jag. Kry jou toerusting en wapen reg. Dit is ook belangrik om te oefen om akkuraat te skiet,” sê mnr. Fred Camphor, uitvoerend­e hoofbeampt­e van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewari­ngsverenig­ing (SAJWV).

Fred sê jy behoort minstens tien skote op ’n skietbaan te skiet vir elke skoot wat jy in die jagveld gaan skiet. Maak seker die geweer werk soos hy moet en dat die teleskoop reg ingestel is. Dit is ook belangrik om jou skietposis­ie te oefen.

“’n Dier staan nie altyd stil nie. Hy kan gedraai na jou kant toe staan, of baie verder of heelwat nader. Dalk rus jy teen ’n boom of staan gehurk. Voorbereid­ing gaan oor jou geweer én jou eie vermoë,” sê hy.

Jou kleredrag en skoene moet ook aandag kry.

“Deesdae dra al hoe meer jagters kamoefleer­pakke. As die jagveld van so ’n aard is dat jy die bok moet bekruip, moet

jy veral na jou skoene kyk. In die bos kan jy 15-20 km per dag loop. Nuwe skoene kan dán pynlik wees. Om daardie rede moet jy ook fiks wees.”

WEET WAT JY KRY

Hoor betyds of toerusting vir vleisverwe­rking op die jagplaas beskikbaar is.

“Sommige plase het wel die geriewe, maar party het nie. As tafels, ’n vleissaag, messe, ’n vleismeul, worsderms, kruie en speserye nie op die plaas beskikbaar is nie, moet jy dit saambring,” sê Fred.

Dit veroorsaak probleme as jagters nie die bepalings en voorwaarde­s verstaan van die plaas waarop hulle gaan jag nie – en verkieslik moet hulle hulle daarvan vergewis voordat hulle opdaag. “Maak seker oor al die reëlings, want anders kan jagters en boere lelik vassit,” sê Fred.

Mnr. Wilhelm Greeff, ’n wildboer en beroepsjag­ter, sê dit versuur verhouding­s tussen jagters en boere as die bepalings en voorwaarde­s nie nagekom word nie. Wilhelm besit Zinyathi Lodge by Steenbokpa­n naby Lephalale in Limpopo.

“Ek bedryf ’n wildsplaas. Die grootste konflik wat ek nog met ’n jagter gehad het, was toe ’n sekere jagter ’n dier in ’n trop geskiet het wat ek spesifiek gesê het nie geskiet mag word nie. Ek het dit duidelik gestel dat as ’n jagter wel een van dié koedoebull­e skiet, gaan die jagter die buitelands­e prys in dollar vir die dier betaal. Die betrokke jagter het sowaar ’n trofee-koedoebul geskiet en geweier om daarvoor te betaal. Natuurlik is hy nou in my ‘swart boek’ aangeteken en hy sal nie weer by my jag nie,” sê Wilhelm.

JAGPERMITT­E

Wanneer jy besluit het waar jy wil gaan jag, moet jy vasstel of die plaas onderhewig is aan die betrokke provinsie se natuurbewa­ringsordon­nansies. Indien nie, moet die plaas ’n vrystellin­gspermit hê.

“Die vrystellin­gspermit dui ook aan watter spesies jy mag jag,” sê Fred. “As die plaas nie ’n vrystellin­gspermit het nie, moet die jagter ’n jaglisensi­e bekom. Die plekke waar jy om ’n jaglisensi­e kan aansoek doen, wissel van provinsie tot provinsie. In die Noord-Kaap is dit byvoorbeel­d by die poskantoor beskikbaar. Die jagter moet seker wees watter permitte en lisensies is nodig en waar hy dit kan kry.”

Dit is ook belangrik om te weet watter vleis met of sonder ’n permit tussen provinsies of selfs binne ’n provinsie vervoer mag word. “Wildevarke se vleis mag byvoorbeel­d nie sonder ’n spesiale permit vervoer word nie.”

As jy gaan jag in die buiteland, soos in Swaziland, Namibië, Botswana of Zimbabwe, is ’n inen uitvoerper­mit vir jou vuurwapens en ’n invoerperm­it vir die vleis noodsaakli­k. Die permitte om die wapen uit te voer, is by die polisie beskikbaar. Jy moet in die land waar jy gaan jag, ’n permit kry om die wapen terug te bring. ’n Permit vir die invoer van vleis is ook nodig. Dit is beskikbaar by die Departemen­t van Landbou (die veeartseny­diens).

BEGROTING

Besluit vooraf hoeveel geld jy wil uitgee en hou daarby wanneer jy in die veld is.

“Rooibokke is goedkoper as koedoes. Dit is maklik om jouself in die moeilikhei­d in te skiet as daar ’n bok verbyloop waarvoor jy nie begroot het nie,” sê Fred.

“Dit het duur geword om te jag. As jy net vir die vleis gaan jag en nie vir die ervaring van die natuur, die wild en die veld nie, kan dit goedkoper wees om na die naaste slaghuis toe te gaan en biltong en droëwors te koop.”

Fred sê vir talle SAJWV-lede is jag ’n gesinsvaka­nsie.

“Dit is ons lekkerste vakansies per jaar. Soms sal ek terugkom van ’n jagvakansi­e sonder dat ek een skoot afgevuur het. Dit is ook lekker. Dit gaan oor die hele belewenis van die veld, natuur, omgewing en wild. As jy met vleis terugkom, is dit eintlik ’n bonus,” sê hy.

 ?? FOTO’S: VERSKAF/MAN MAGNUM ?? LINKS BO: Jag is meer as skiet; dis ’n belewenis van die natuur. Goeie voorbereid­ing verseker ’n lekker jagtog.
FOTO’S: VERSKAF/MAN MAGNUM LINKS BO: Jag is meer as skiet; dis ’n belewenis van die natuur. Goeie voorbereid­ing verseker ’n lekker jagtog.
 ??  ?? Dit is belangrik om jou geweer in die skiet en die teleskoop reg in te stel voordat jy jagveld toe gaan. Oefen ook jou skietposis­ie.
Dit is belangrik om jou geweer in die skiet en die teleskoop reg in te stel voordat jy jagveld toe gaan. Oefen ook jou skietposis­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa