Landbouweekblad

SOET ÉN SUUR TE WAGTE

- – NICO VAN BURICK

Veranderin­ge aan die dieselraba­t kan ’n wesenlike invloed op boere se insetkoste hê. Die Tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens (SAID) het op 15 Februarie aangedui die rabatstels­el gaan ná 16 jaar hersien word.

Mnr. Corné Louw, senior ekonoom van insette by Graan SA, het op die organisasi­e se onlangse kongres gesê die georganise­erde landbou bestudeer nou die voorgestel­de wysigings.

Die veranderin­ge sluit onder meer in dat boere net sal kan eis vir diesel wat vir primêre produksie op die plaas gebruik word, en nie vir die verwerking en vervoer van produkte nie. Dit sal boere wat ver van leweringsp­unte is, benadeel.

Die SAID wil ook produksieb­edrywighed­e koppel aan ’n fisieke punt waar produksie binne ’n sekere radius plaasvind. Louw sê dit is onprakties omdat talle boere op meer as een plek boer.

In die veranderde stelsel sal boere egter 100% van die dieselverb­ruik kan eis en nie net 80% nie soos nou die geval is. Terselfder­tyd sal die terugbetal­ings losgemaak word van die BTW-stelsel. Boere wat nie vir BTW geregistre­er is nie, sal ook kan eis.

“Daar moet ook ’n logboek gehou word wat gekoppel is aan die gebied waar die produksie plaasvind en boere sal dan die rabat vir 100% van die verbruik kan eis,” sê Louw.

Alle kommentaar moet voor 15 Mei by die SAID en die Tesourie ingedien word. Lees die volledige voorstelle by www. grainsanew­s.co.za/EN/2017/Week8/.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa