Landbouweekblad

ANDRÉ CLOETE

Nuwe boere ‘vasgevang in opkomendhe­id’

-

Al kon mnr. André Cloete die afgelope ses jaar sy vrugteboor­de bykans verdubbel én banklening­s terugbetaa­l, kan hy steeds nie die Regering oortuig om sy plaas, Klein Ezeljacht, aan hom te verkoop of selfs ’n langtermyn-huurkontra­k toe te staan nie.

“Jy het nie ’n voet om op te staan as jy nie ’n plaas besit nie. Jy word eintlik vasgevang in ’n tipe opkomendhe­id.”

Hy het met 20 ha vrugte begin boer en danksy die vrugtebedr­yf se Boompie-projek ’n verdere 18 ha gevestig. Hy boer ook met skape en beeste. Hy kon destyds die plaas deur die Regering se Proaktiewe Grondverkr­ygingstrat­egie (PLAS) huur, maar die staat wou nie roerende bates finansier nie. Hy moes toe ’n vennoot vind saam met wie hy geld by ’n kommersiël­e bank kon gaan leen.

“Daar was geen kapitalise­ringshulp tot dusver nie. Ek sit steeds met ’n vyfjaarhuu­rkontrak. Die 30-jaar-kontrak waarom ek aansoek gedoen het, is nog in die proses.”

Dit het hom egter nie gekeer om langtermyn­gewasse te vestig nie. “Ek móés vestig, want 20 ha kernvrugte is te klein. Ek was gelukkig om in goeie jare in die bedryf te wees. Ek moes hare op my tande hê om daardie besluit te neem en te sê ons gaan nog vestig, want as ons dit nie gedoen het nie, sou ek nie vandag hier kon sit as ’n suksesvoll­e boer nie. Jy moet maar hoop en glo die gemene reg beskerm jou as jy op ’n punt kom waar jy nie die huurkontra­k kan hernu nie,” sê Cloete, die kind van plaaswerke­rs in die Grabouw-omgewing.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa