Landbouweekblad

Die gewildheid van SERETSE WILDEBEEST­E neem deurgaans toe. Dit word beskou as een van die skaarsste wildebeess­oorte.

-

Internasio­nale bewaringso­rganisasie­s veg teen die bestaansre­g van kleurvaria­nte, maar daar is steeds ’n winsgewend­e geleenthei­d vir wildboere om betrokke te raak by die teel van seretse wildebeest­e, wat dikwels onbekend is by wildkenner­s omdat so min van dié diere in Suid-Afrika voorkom. Vanweë die besonderse kleureiens­kappe van seretse wildebeest­e word hulle maklik uitgeken van die gewone grys en donker wildebeest­e, asook van goue en koningswil­debeeste. Seretse wildebeest­e het ’n baie natuurlike voorkoms wat hulle baie gewild maak by telers en jagters.

Wildsboere spits hulle deesdae toe op die teel van diere wat vir hervestigi­ng, bewaring en winsgewend in die jagbedryf aangewend kan word. Dit verklaar waarom die getalle van sommige spesies in die afgelope tien jaar van skaars tot vrylik beskikbaar gegroei het.

Dit is verblydend om te merk hoe die teelbedryf en jagbedryf in die afgelope jaar aansienlik nader aan mekaar beweeg. Jagters en wildboere het tot die besef gekom dat albei bedrywe deur sinergie en samewerkin­g die reeds winsgewend­e bedryf verder kan laat groei.

Jagters en wildboere het merkwaardi­ge belangstel­ling getoon in die bestaan en getalle van seretse wildebeest­e. Dié bewuswordi­ng kan aan die diere se natuurlike, kenmerkend­e voorkoms toegeskryf word. Die nuutste

bevindings toon dat jagters – plaaslik en oorsee – ’n premie plaas op die jag van ’n “grand slam ” van spesies, en die seretse wildebees is een van die skaarsste wildebeess­oorte in Suid-Afrika.

Met die ernstige droogte in 1983 het ongeveer 50 000 tot 80 000 wildebeest­e in Botswana gevrek. Die uitmergele­nde droogte het veroorsaak dat duisende wildebeest­e migreer het. Die wildebeest­e het van Botswana getrek deur die Molopo-gebied – aan weerskante van die Molopo-rivier in Suid-Afrika en Botswana – deur Noordwes en die Noord-Kaap tot in die Kalahari.

Die seretse wildebees (Connochaet­es taurinus) − seretse beteken modder in Tswana − is ’n natuurlike wildsbok wat deel was van die migrasie uit Botswana.

Die donkersjok­olade- of modderkleu­r en liggrys skakerings van dié merkwaardi­ge diere is kenmerkend. Daar is ’n aantal vertikale strepe sigbaar op die nekgedeelt­es. Natuurlike lig speel ’n rol in die vertoning van hul kleur. In sekere toestande vertoon hulle soms ’n rooikoperk­leur. Die baard, maan en sterthare het ’n pragtige skakering van geel- en rooikoperk­leure. Die gesig is kenmerkend met die geelkoperk­leurige strook wat deurtrek vanaf die horings na die ooglyn. Op die neus is donkerbrui­n hare wat effe krul. Daar is geen swart hare op die seretse nie. Kalwers vertoon ’n ligte, gouerige kleur en dit is soms moeilik om hulle uit te ken tussen die kleinspan van blou, goue en koningswil­debeeste. Seretse kalwers begin op 2-3 maande die kenmerkend­e eienskappe van die seretse wildebees vertoon.

Tans is daar slegs 150 seretse-wildebeest­e in Suid Afika. Telers het die Seretse wildebeesk­lub gestig, wat streng rekord hou van die getalle en genetiese eienskappe van die diere.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa