Landbouweekblad

BEKROONDE SWART BOER KAN NIE PLAAS VAN REGERING KOOP

-

Ten spyte daarvan dat mnr. André Cloete, ’n suksesvoll­e swart boer van Greyton in die Wes-Kaap, die afgelope ses jaar sy vrugteboor­de bykans kon verdubbel én banklening­s terugbetaa­l, sukkel hy steeds om die Regering te oortuig om sy plaas, Klein Ezeljacht, aan hom te verkoop of selfs op lang termyn aan hom te verhuur.

TRIENKIE VAN DER MERWE

skryf: Hoe moet ’n mens dit nou verstaan? Die Regering is dan juis ongelukkig omdat daar te min swart boere is wat grond besit.

BARRIE VERMEULEN

skryf: Dit lyk my hy is een van daardie wat te wit is om swart te wees en te swart is om wit te wees.

TASWIN GOUWS

skryf: Welgedaan, goeie werk. Ek dink die Regering moet opkomende boere help. Werkskeppi­ng gaan plaasvind en armoede word op klein dorpies verlig, want die meeste van daardie mense werk juis op plase.

KOBUS VISAGIE

skryf: Wat deeglik besef moet word, is dat die wêreldorde se einddoel sosialisme of kommunisme is. Private besit en onafhankli­kheid moet heeltemal vernietig word. Alles moet in staatsbesi­t wees en die gepeupel moet regeerbaar en afhanklik bly deur toelaes en gratis dienste. Die groot manne moet in beheer bly. Dit gaan geensins oor voedselsek­erheid en vooruitgan­g nie. Grondhervo­rming moet ’n mislukking wees en is ’n goeie teelaarde vir diefstal en korrupsie. As dié begrippe eers verstaan word, is dit ’n oop boek. Al die anargie is berekenend georkestre­er. Hoekom, dink u, word Zimbabwe geïgnoreer?

M. KRUGER

skryf: Kobus, ’n mens moet met jouself eerlik wees, dan sal jy dinge in ’n ander lig sien. Die probleme in Zimbabwe is eerstens veroorsaak deur die wit koloniste wat nie wou deel nie. In die tweede plek het wit Rusland en wit Amerika die storie aangewakke­r omdat hulle ook gierig was en die mineralery­kdom wou bekom. Die enigste probleem met sosialisme is dat die leiers uiteindeli­k korrup raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa