Landbouweekblad

Nuut opdierak!

-

POMPSTELSE­L FILTREER GRYS WATER In baie dele van die land het dit lekker gesous, maar in die Wes-Kaap gaan mense gereeld mank aan water vir huishoudel­ike gebruik. Waterbeper­kings moet dan red wat nog te redde is.

Intussen gaan baie water verlore nadat dit vir huishoudel­ike doeleindes gebruik is, soos om te bad, te stort en klere te was. Die hergebruik van dié “grys” water vir onder meer die natlei van die tuin is ’n goeie plan.

Die Ecogator is ’n stelsel bestaande uit ’n filter, tenk en pomp, wat ontwerp is om hierdie gebruikte water veilig vir die tuin te maak. Meegaande foto’s toon die apparaat, asook hoe dit lyk wanneer dit geïnstalle­er is. Die waterpype waardeur water vanaf die badkamer en wasmasjien na buite vloei, word aan ’n sentrale pyp gekoppel. Die water vloei dan deur ’n spesiale filter na ’n tenk wat 120 liter kan hou.

Dit moenie as ’n opgaartenk gebruik word nie, maar die water moet gereeld na die tuin uitgepomp word. Dit is ook nie raadsaam om water uit die kombuis se wasbak te gebruik nie omdat dit te veel vette bevat wat die stelsel kan blokkeer. Deur die gefiltreer­de water in die tenk gereeld uit te pomp, word reuke en die groei van bakterieë voorkom.

PRYS: Die stelsel is by takke van Kaap Agri en Cape Garden Centre verkrygbaa­r. Die prys is R5 000 in die Wes-Kaap en R5 600 elders (vervoer uitgesluit).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa