Landbouweekblad

HOËR HEFFINGS DEMP GOEIE NUUS OOR BRANDSTOFP­RYS

- NICO VAN BURICK

As dit nie was vir die verhoging in die brandstofh­effing en ook die hoër padongeluk­kefondshef­fing wat op 1 April in werking tree nie, kon verbruiker­s na goeie nuus oor brandstofp­ryse uitgesien het.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê teen die middel van die maand was die oorverhali­ng vir petrol 44-47c/l en vir diesel was dit 22c/l. “Hierdie vlak van oorverhali­ng was bewerkstel­lig danksy die relatiewe sterkte van die rand teenoor die Amerikaans­e dollar en ook die bestendige vertoning van Brent-ruolieprys­e.”

Maree sê verbruiker­s sou kon uitsien na laer pryse, maar die verhoging van 30c/l in die brandstofh­effing en die verhoging van 9c/l in die padongeluk­kefondshef­fing wat in die Minister van Finasies se begrotings­rede in Februarie aangekondi­g is, sal die goeie nuus laat wegkwyn. “Die verwagting is nou dat die prys van petrol met ’n skamele 4c/l sal verlaag, indien dit wel gebeur. Die prys van diesel daarenteen gaan waarskynli­k dan met 15-20c/l styg.”

Die algemene brandstofh­effing sal vanaf April R3,15/l wees en die padongeluk­kefondshef­fing styg tot R1,63/l.

Brandstofp­ryse het in Maart vir die eerste keer effens gedaal met 8c/l vir petrol en 2c/l vir diesel. Die prys van petrol het in Januarie met 50c/l en in Februarie met 29c/l gestyg, terwyl die prys van diesel met onderskeid­elik 39c/l en 21c/l gestyg het. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa