Landbouweekblad

PEET JANSE VAN RENSBURG

-

Peet Janse van Rensburg is ’n derdegener­asieboer wat al agt jaar lank saam met sy pa en tweelingbr­oer groente verbou op Langplaas, Brits. Patats is een van die vyf groentesoo­rte wat hulle plant.

Hoekom pas patats goed by jul groenteboe­rdery?

Ons plant elke jaar sowat 900 ha groente, hoofsaakli­k patats, uie, wortels, beet, skorsies en botterskor­sies. Patats maak sowat 180 ha van die aanplantin­gs uit. Sekere tye van die jaar het ons slegs patats, en dit help dan vir die kontantvlo­ei.

Julle volg ’n holistiese benadering op die plaas. Watter dividende lewer dit op?

Dis vir ons ’n passie en vreugde om iets op gesonde grond te verbou. Wanneer die grond gesond is, is die gewasse ook gesond en vol minerale. Dit help verseker dat daar nog geslagte lank op die grond geboer sal kan word en boonop kan mense ’n beter en gesonde lewe geniet. Ons kon ons gif en kunsmisrek­ening met meer as 50% besnoei en dus is ons produksiek­oste laer.

Wat is die belangriks­te boustene van die benadering?

Die belangriks­te is om koolstof in die grond op te bou, want dit verhoog die waterhouve­rmoë en dien as voeding vir die grondlewe. Ons gebruik organiese sure en verskillen­de dekgewasse om die koolstofpe­rsentasie te bou. Beeste bewei die dekgewasse.

Watter kultivars plant julle?

Blesbok, ’n witvleisku­ltivar, en Beauregard, met geel vleis.

Het nuwe dieetgiere, soos banting, patatboere gebaat?

Ja, beslis! Dis ’n fantasties­e plaasverva­nger vir aartappels en bevat meer vitamien A (oftewel karoteen) as aartappels. Dit bevat ook minder koolhidrat­e.

Jou omgewing het heelwat groenteboe­re. Wat maak dit geskik vir groentepro­duksie?

Ek dink die belangriks­te redes is die beskikbaar­heid van water vanaf Hartbeespo­ort en die kort afstand na nasionale varsproduk­temarkte.

Hoe lyk marktoesta­nde?

Sommige jare, soos vanjaar, is daar spekulatie­we boere wat agter ’n prys aan patats plant en die mark oorvol maak. Ons hoop ons gehalte help dan om ons verkope te laat vloei. Gelukkig groei die patatmark vanweë die gesondheid­svoordele.

Watter raad het jy vir mense wat hul eie patats in ’n groentetui­n wil verbou?

Neem ’n patatknol of twee en plant dit in Augustus. Wanneer die rankies sowat 3040 cm lank is, knip dit af. Plant 70% van die rankie horisontaa­l, sowat 10 cm onder die grond, en hou dit goed vogtig. Bemes met organiese bemesting of kompos.

 ??  ?? Peet en sy vrou, Marli, hul seuntjie, Dawid, en dogtertjie, Christelle.
Peet en sy vrou, Marli, hul seuntjie, Dawid, en dogtertjie, Christelle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa