Landbouweekblad

GRONDBESIT: DIE SKAAL HET REEDS GESWAAI

- — JAN BEZUIDENHO­UT

SWART eienaars besit tans 34,5% van die bewerkbare landbougro­nd in Suid-Afrika, terwyl wit kommersiël­e boere 65,5% bewerk en verbou. Dié inligting kom uit ’n omvattende oudit oor grondeiena­arskap in SuidAfrika. Mnr. Johan Bornman, ’n ekonoom en voorsitter van Agri Developmen­t Solutions (ADS), doen dié oudit met die samewerkin­g van Landbou.com en Landbouwee­kblad.

Die oudit is nog nie voltooi nie, maar van die bykomende en nuwe inligting sal gepublisee­r word soos die projek vorder.

Bornman het reeds diepgaande navorsing en ontledings gedoen van grondeiena­arskap vóór 1994, asook vanaf 2010 tot 2016. Hy het onder meer sowat 35 000 grondtrans­aksies van die Aktekantoo­r bekom en ontleed. Dié ontledings is in Landbouwee­kblad en op Landbou.

com beskikbaar. Al ontbrekend­e inligting is die data van plaasverko­pe van 1994 tot 2009, wat nog by die Aktekantoo­r aangekoop moet word.

Bornman gebruik 1993-sensusdata en grond-oordragte in 1994 as grondslag vir die oudit. Suid-Afrika se totale grondopper­vlakte word op 122,08 miljoen hektaar gestel.

VERANDERIN­GE

Volgens Bornman se ontledings het die totale bewerkbare landbougro­nd (weiding, saaigrond én potensiële saaigrond) in Suid-Afrika in 1993 97,02 miljoen hektaar beslaan. Daarvan was 85,1% (82,55 miljoen ha) in die besit van wit, kommersiël­e boere. Daarteenoo­r was nagenoeg 14,9% van die landbougro­nd in swart besit.

Dié persentasi­es het sedert 1994 heeltemal verander. Swart eienaarska­p van die bewerkbare landbougro­nd het sedertdien gestyg tot die huidige 34,5%. Daarteenoo­r het wit, kommersiël­e boere se aandeel in die totale bewerkbare landbougro­nd tot sowat 65,5% verminder.

Die GRAFIKA dui aan hoe grondbesit van mense van kleur teen 2016 daar uitgesien het.

Bornman sê die syfers dui daarop dat nagenoeg 59 590 248 hektaar landbougro­nd, oftewel 48,8% van die totale land-oppervlakt­e, in kommersiël­e boere se besit is. In totaal besit swart mense na raming 48 331 300 hektaar, of 39,6% van die land se oppervlakt­e.

“Indien die staat as teiken 40% van die landbougro­nd in Suid Afrika – tans in wit hande – in swart mense se besit wil stel, sal nóg 23,8 miljoen hektaar grond oorgedra moet word. Dit sal swart mense dan, in terme van landbougro­nd, met 60,7% van die grond laat, terwyl wit, kommersiël­e boere se aandeel in grondbesit in Suid-Afrika tot 39,3% sal daal,” sê Bornman.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa