Landbouweekblad

SÓ WIL STAAT BESLUIT OOR GRONDPLAFO­NNE

- — JOYLENE VAN WYK

DIE wet wat die Regering se omstrede grondplafo­nplan uiteensit, is pas vir kommentaar in die Staatskoer­ant afgekondig. Die uiteindeli­ke meganismes wat dit voorstel, verskil drasties van die universele perke wat aanvanklik voorgestel is.

In stede van nasionaal, sal sulke grondplafo­nne nou op distriksvl­ak bepaal word, en ’n beoogde grondkommi­ssie sal die eindelike gesag hê op hoe sulke plafonne bepaal word.

Die eerste gepublisee­rde weergawe van die wet sit die volgende faktore uiteen wat oorweeg sal word om die plafonne te bepaal. Die vermoë van die grond (of dit hoë- of mediumpote­nsiaal- of unieke landbougro­nd is), die gebruik (weiveld of saaigrond) en klimaatsfa­ktore. Huidige produksie-uitsette, kommoditei­tspesifiek­e versperrin­gs, plaasgroot­te en -lewensvatb­aarheid, skaalekono­mieë, akkerboube­drywe op die plaas en plaasbewon­ers (plaaswerke­rs en hul afhanklike­s). Fisiese vermoë van die grondsoort, gronddiept­e en -gehalte, weidingska­pasiteit, waterbeski­kbaarheid en -gehalte, afstand van die markte, beskikbare infrastruk­tuur en enige ander relevante faktore. Die verhouding tussen hulpbronne, soos bewerkte grond en natuurlike weiding; droëland en besproeiin­gsgrond; die soort grond op die saailand en enige ander relevante faktore wat ’n invloed op die bepaling van die ekonomiese grootte van die gebied kan hê. Ander faktore sluit in die kapitaalve­reistes van die verskillen­de bedrywighe­de, die meet van die verwagte inkomste vir huishoudin­gs en akkerboube­drywighede, die jaarlikse omset, die verhouding tussen die produkprys en die prysmarges en enige ander kwessie wat voorgeskry­f word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa