Landbouweekblad

‘SPAN SA’ MOET SAAM BOU AAN UITVOERMAR­KTE

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE rooivleisb­edryf het onlangs op ’n historiese byeenkoms die eerste treë gegee in ’n plan om Suid-Afrikaanse rooivleis op te gradeer van ’n kommoditei­t na ’n nismark en die bedryf se volhoubaar­heid drasties te verhoog met ’n toename in uitvoer.

Die werksessie op 16 Maart by die Landbounav­orsingsraa­d se hoofkantoo­r in Pretoria was, sover bekend, die eerste geleenthei­d waar verteenwoo­rdigers uit die hele rooivleis-waardekett­ing byeengekom het om ’n gesamentli­ke doelstelli­ng te bespreek.

Die doelstelli­ng om die Suid-Afrikaanse rooivleisb­edryf in ’n wêreldklas-produsent te omskep is op verlede jaar se Aldam-vleisbeess­kool geïdentifi­seer.

Benewens etlike voorleggin­gs oor hoe Suid-Afrika só ’n doelstelli­ng kan bereik, het die organiseer­ders ook ’n breë beroep gedoen vir voorleggin­gs deur lede van die publiek.

Dr. Michael Bradfield, hoof van Breedplan SA, het op die werksessie gesê dat daar geleenthed­e vir die rooivleisb­edryf bestaan om gehaltesni­tte uit te voer, maar dat kwessies rakende biosekurit­eit, naspeurbaa­rheid en gradering die bedryf se vermoë om mee te ding, kniehalter.

Bradfield het ná afloop van die werksessie verwys na data wat dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, by die werksessie aangehaal het, waarvolgen­s uitvoervol­umes van beesvleis tussen 2012 en 2016 van 15 000 ton tot amper 40 000 ton gestyg het, en die waarde van dié uitvoer van R300 miljoen tot amper R2,5 miljard.

Hy meen dit behoort die bedryf aan te spoor om naspeurbaa­rheid en gehalte te verbeter.

LEEMTE

Bradfield het op die werksessie gesê daar is internasio­naal ’n groot leemte vir snitte van hoë gehalte, en Suid-Afrika is in die posisie om daarin te voorsien.

“Ons is egter agter ander Afrikaland­e wat die naspeurbaa­rheid van ons rooivleis betref,” het hy gesê. Ethiopië voer byvoorbeel­d jaarliks sowat 800 000 stuks vee uit. Dié land se bedryf het reeds planne in werking gestel om dié diere elektronie­s te identifise­er en te verbind met hul oorsprong.

Hy sê Suid-Afrika sal ’n doeltreffe­nde naspeurbaa­rheidsprog­ram van stapel moet stuur om lonende wêreldmark­te te betree.

Voorts moet gradering ook aandag geniet, want ofskoon die huidige stelsel voldoende is om karkaseien­skappe te bepaal, voorsien dit nie in verbruiker­s se behoeftes nie.

“Die huidige graderings­telsel sal dus aangepas moet word vanaf ’n heelkarkas­gradering tot een waarvolgen­s snitte gegradeer word. Dit sal ’n soortgelyk­e gradering wees as waaraan Australies­e en Amerikaans­e beesvleiss­nitte onderwerp word en waarmee dié lande reeds geweldig sukses geniet.” Bradfield sê snitte van hoë gehalte kan die plaaslike rooivleisb­edryf teen ’n wisselvall­ige rand beskerm omdat rooivleis ’n internasio­nale prys het.

“Uitvoer kan ’n bedryf beskerm, maar dan moet die uitvoer reg hanteer word. Dit sal dus ’n gesamentli­ke poging van die hele bedryf kos om plaaslike rooivleis suksesvol as rolspeler in die internasio­nale mark te vestig.”

DIEREGESON­DHEID

Só ’n grootse uitvoerpog­ing sal ook groter beleggings in dieregeson­dheid vereis.

“Ons kan nie ’n uitvoerder van rooivleis word as die status van ons nasionale kudde se gesondheid nie gewaarborg kan word nie,” sê Bradfield. Vergeleke met Australies­e en Amerikaans­e rooivleisp­ryse, wat naby die R67/kg-merk verhandel, verhandel plaaslike rooivleis teen tussen R30/kg en R40/kg.

“Rooivleis het dus ’n kommoditei­t geword, en is nie die hoëwaardep­roduk wat dit veronderst­el is om te wees nie. Suid-Afrika is die 13de grootste rooivleisv­erskaffer ter wêreld, maar ons ding nie as uitvoerder mee nie. Dit is ’n situasie wat die bedryf moet verander en ons kan dit slegs regkry as ons kollektief as “Span Suid-Afrika” optree.”

Bradfield meen ’n uitvoerraa­d kan ’n oplossing bied om die plaaslike rooivleisb­edryf internasio­naal te verteenwoo­rdig.

Hy sê verder nuwelingbo­ere moet deel wees van dié poging omdat hulle die nodige kritieke massa verleen om die plaaslike bedryf mededingen­d te maak.

“Ons kan nie terugsit en wag dat transforma­sie in die rooivleisb­edryf plaasvind nie. Die regering is gewillig om met die bedryf saam te werk en ons moet nou reeds beweeg om daarvan ’n wen-wen-situasie te maak. Die eenvoudige punt is dat as ons nie nou gaan begin bou aan ’n bedryf wat lewenskrag­tig meeding nie, ons binne 20 jaar irrelevant gaan wees,” sê Bradfield.

VERDIEN STEUN

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het op die geleenthei­d die rooivleisb­edryf geloof vir sy pogings om tot mededinger van wêreldform­aat te ontwikkel en gesê die bedryf, as ’n beduidende rolspeler in die Suid-Afrikaanse landbou, verdien regeringso­ndersteuni­ng. Hy sê deur ontwikkeld­e lande as model te gebruik, kan die Regering en die private sektor saam doelwitte opstel om mededingen­dheid te verbeter en produksie te bevorder.

Die graderings­telsel sal aangepas moet word van heelkarkas­gradering tot een waarvolgen­s snitte gegradeer word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa