Landbouweekblad

SÓ WORD JY ’N WÊRELDSPEL­ER

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

PRODUKGEHA­LTE, biosekerhe­id en naspeurbaa­rheid is deurslagge­wend as SuidAfrika hom as ’n gerekende rooivleisu­itvoerder in die wêreldmark wil vestig.

Dit was die boodskap van mnr. Don Heatley, voormalige voorsitter van Meat Livestock Australia (MLA) en ’n bekende in rooivleisk­ringe, op die rooivleisb­edryfsforu­m in Pretoria.

Ofskoon SuidAfrika, met ’n jaarlikse produksie van bykans ’n miljoen ton rooivleis die 13de grootste rooivleisp­rodusent ter wêreld is, dra dié land slegs 1,55% tot die wêreld se rooivleisp­roduksie by.

Boonop bedra SuidAfrika se rooivleisu­itvoer slegs 0,64% van die wêreldaand­eel in rooivleisu­itvoer, oftewel 60 000 ton rooivleis (tabel). Daarenteen lewer Australië meer as 2 miljoen ton rooivleis (3,43%), waarvan sowat die helfte uitgevoer word. Healy sê die Australies­e model is nie perfek nie, maar dié land se bedryf het heelwat lesse geleer waarby SuidAfrika baat kan vind.

SUKSES

“Die model moet eerstens daarop geskoei wees om bemarking en al die gepaardgaa­nde fasette, soos kommunikas­ie, met navor sing te verbind in een liggaam wat namens die hele bedryf kan optree. In Australië is dit die MLA , en dié organisasi­e se doelwit is eenvoudig: Help die rooivleisb­edryf om meer geld te maak.

“Boonop bestaan die direksie uit vaardighei­dsgedrewe personeel wat vertroud is met internasio­nale handel en die neigings daarvan,” het hy gesê. Healy het ook gesê politieker­y mag nie vatplek binne so ’n organisasi­e hê nie. “Die Australies­e regering is ’n vennoot in die rooivleisb­edryf en finansier die MLA op ’n dollarvird­ollargrond­slag. Vir elke dollar wat die organisasi­e dus uit sy aktiwiteit­e voortbring, dra die regering ’n dollar tot die bedryf by.”

Die sukses van dié model spreek vanself: Ten spyte van ’n vier jaar lange droogte is Australië steeds een van die vier grootste uitvoerder­s van rooivleis ter wêreld.

PREMIE

Heatley meen ook dat die oorskakeli­ng van ’n karkasgrad­ering na ’n snitgrader­ingstelsel ’n land die geleenthei­d bied om ’n premieprys vir sy produk te verkry. “Op hierdie manier verander die rooivleis wat uitgevoer word in ’n hoëprofiel­produk en is dit nie meer net nóg ’n kommoditei­t nie. Vir SuidAfrika kan dit goud werd wees om homself veral in die MiddeOoste­rse markte te vestig as ’n verskaffer van rooivleis van hoë gehalte.” Om dit reg te kry, kort naspeurbaa­rheid egter dringend aandag.

“Die naspeurbaa­rheid van rooivleis in Australië is geheel en al op wetenskapl­ike beginsels gegrond, met die grootste enkele klem daarop om aan die verbruiker­s ’n produk te bied wat elke keer op standaard is.

“Die inligting wat hierdeur van die verbruiker­s verkry kan word, is van groot waarde om jou bedryf na hul behoeftes in te stel. Dit is tog op die ou end die verbruiker wat die eintlike waarde vir die bedryf ontsluit en daarvan ’n volhoubare besigheid maak,” sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa