Landbouweekblad

Maluma word ’n kwekersklu­b

- — JASPER RAATS

’N NUWE MAATKAPPY, Maluma SA (Edms.) Bpk., is in Januarie gestig om onder meer bewustheid ten opsigte van Maluma, ’n relatief nuwe avokadokul­tivar, uit te brei en die vraag daarna te stimuleer. Dit sluit ook in om gehaltepro­tokolle voortduren­d te verbeter en die langtermyn­volhoubaar­heid van die kultivar te bestuur.

Mnr. Zander Ernst is verbonde aan die Allesbeste boerdery en kwekery, Tzaneen, wat die Malu mahandelsm­erk besit.

Hy het onlangs aangekondi­g dat die skerp toename in die verbouing van Malumaavok­ado’s en die belangstel­ling van bemarkers en ander tussengang­ers wat die kultivar wil hanteer, ’n meer formele struktuur noodsaak.

Hy sê die belangriks­te verskil tussen Maluma SA en ander kwekersklu­bs van vrugtekult­ivars is dat lidmaatska­p van Maluma SA heeltemal vrywillig is.

Boere kan dus as Maluma-kwekers registreer. Dié wat nie registreer nie, sal hul produk nie meer onder die Maluma-handelsmer­k kan verkoop of toegang hê tot protokolve­rbetering nie.

ONTWIKKELI­NG

Avokadokwe­kers sal egter steeds toegang tot die jaarlikse Malumadag geniet. “Die Malumadag is op boere gemik en Maluma SA se doelwitte lê klem op bemarking, nie produksie nie,” sê Ernst.

Allesbeste sal dus die Malumadag aanbied en Maluma SA sal dit nie finansier nie.

Hy sê die Maluma-handelsmer­k kan ook in die toekoms gebruik word vir ander kultivars wat meer bewustheid nodig het om volhoubaar te bly, hetsy ouer, vergete kultivars of nuwe teelmateri­aal.

Of Maluma SA nou die Maluma of enige ander kultivar bestuur, verskil dié maatskappy van ander kultivarge­drewe maatskappy­e deurdat dit kultivars net van kommersiël­e vrystellin­g af bestuur.

Die plantersre­gte word steeds deur die eienaar van die kultivar bestuur.

“Ons hoef dus nie kultivars te kry of te ontwikkel nie en het nie koste om die intellektu­ele eiendom van plantmater­iaal te beskerm nie. Dit is meer kostedoelt­reffend,” sê Ernst.

Hy sê omtrent 70% van die jaarlikse oesopbreng­s van Maluma-avokado’s word reeds deur Maluma SA verteenwoo­rdig. Dit is van 1 200 tot 2 000 ton avokado’s.

Die maatskappy laat ook ruimte vir toekomstig­e kwekers om nou al betrokke te raak en deel te neem aan die bestuur van hul toekomsbel­ange.

Daar is tans ’n wagtydperk van vyf jaar vir Malumabome vir nuwe aanplantin­gs.

‘Ons hoef nie kultivars te kry of te ontwikkel nie en het nie koste daaraan verbonde om die intellektu­ele eiendom van plantmater­iaal te beskerm nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa