Landbouweekblad

Sit aanhitsing agter dié stygings?

- — NICO VAN BURICK

HOEWEL dit nie onweerlegb­aar bewys kan word nie, blyk dit uit ’n studie deur die burgerregt­eorganisas­ie AfriForum dat haatspraak en opruiende politieke uitsprake jeens boere gepaardgaa­n met ’n toename in plaasmoord­e.

AfriForum het vyf bekende gevalle waar haat en geweld deur politieke leiers teen wit boere aangehits is, ondersoek. Sy studie toon dat plaasmoord­e in die daaropvolg­ende maande met gemiddeld 74,8% toegeneem het.

“Ons kan nie empiries bewys dat die politieke uitsprake tot die plaasmoord­e gelei het nie, maar wat ons wel sien, is ’n styging in moorde,” sê mnr. Ernst Roets, adjunkuitv­oerende hoof. Plaasmoord­e is ’n ingewikkel­de verskynsel en daar is ’n wye verskeiden­heid dinge wat daartoe kan bydra. Haatspraak is een daarvan.

“Politici moet besef dat hulle aandadig is en moet daarvoor verantwoor­delik gehou word. Ons wil met die verslag hulle tot verantwoor­ding roep.” Roets sê dit is ook belangrik dat haatspraak gehanteer word binne die gemeenskap wat hom daaraan skuldig maak. Die ANC moet self daarteen standpunt inneem.

MOTIEF

Oor die motief vir plaasmoord­e sê hy die meeste mense aanvaar nog goedsmoeds die bevindinge van ’n ondersoek in 2003 waarin bevind is dat 98,3% van aanvalle net op roof gemik was en net in 2% gevalle was dit deur politiek of rassehaat gemotiveer. Hy sê die ondersoek, gegrond op onderhoude met misdadiger­s, kan om baie redes bevraagtek­en word.

“Die Regering, wat die ondersoek gedoen het, het onder meer sy eie, gevestigde belang daarby gehad. Daar is net een rede vir ’n aanval aanvaar en die misdadiger­s kon oneerlik gewees het. Die geweld en marteling wat met baie aanvalle voorkom, is ook nie in ag geneem nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa