Landbouweekblad

| Beterskap wink vir dié ‘pasiënt’

-

Westerse sanksies en die ineenstort­ing van oliepryse ná die Russiese inval in die Oekraïne in 2014 het die Russiese ekonomie ’n gevoelige knou toegedien. Daar is egter tekens dat dié “siek pasiënt” besig is om te herstel. Dit behoort goeie nuus vir Suid-Afrikaanse sitrusuitv­oerders te wees, het mnr. Mikhail Fatejof (foto), Russiese konsultant vir die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing, tydens die sitrusbera­ad in die Baai gesê.

Fatejof het ’n passievoll­e pleidooi gelewer vir groter samewerkin­g tussen die twee lande en om sekere beperkings wat nog op sitrusuitv­oer van toepassing is, opgehef te kry. Met die roebel se waarde wat sedert 2014 gehalveer het, en Russe wat reeds meer as 30% van hul inkomste (sowat VSA$500 per maand) aan voedsel bestee, sê hy inwoners was genoodsaak om minder en goedkoper kos te koop.

“My raad is om net soveel kos (sitrus) aan die ‘pasiënt’ te voorsien as wat hy kan verteer. Daar is reeds tekens dat die ekonomie besig is om te herstel. Met 150 miljoen inwoners en geen sitrus wat in Rusland verbou word nie, bly dit die wêreld se grootste invoerder van sagteskils­itrus, lemoene en pomelo’s, en die derde grootste invoerder van suurlemoen­e.”

Die verbruik per kop van sitrus in Rusland beloop meer as 11 kg per jaar en verteenwoo­rdig sowat 15,5% van alle vrugteverb­ruik daar.

Hy het gesê Suid-Afrika is naas Egipte en Turkye die grootste verskaffer van lemoene aan Rusland en baie stewig in die mark gevestig. “Ons het egter nie net jul vrugte nodig nie, maar ook jul lojaliteit en ondersteun­ing om die moeilike omstandigh­ede te bowe te kom.”

- THEUNS BOTHA

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Mikhail Fatejof
Mnr. Mikhail Fatejof
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa