Landbouweekblad

DIÉ AFHANKLIKE­S MAG OP PLASE WOON

- JOYLENE VAN WYK

PARLEMENTS­LEDE wat beraadslaa­g oor wie wettig op plase mag woon, het eindelik ingestem tot ’n nuwe definisie van wie die wet as familie ag.

Kragtens die wysigingsw­etsontwerp op die uitbreidin­g van sekerheid van verblyfreg (Esta), is die definisie van familie nou as volg: ’n Bewoner se gade en/of gemeneregg­ade; ’n Bewoner se kinders, insluitend aangenome kinders, pleegkinde­rs en kleinkinde­rs; ’n Bewoner se ouers en grootouers wat afhanklik is van hom/haar en wat saam met die bewoner op die grond bly; ’n Afhanklike word gedefiniee­r as ’n familielid wat die bewoner wetlik verplig word om te onderhou. Die DA het op ’n onlangse vergaderin­g van die portefeulj­ekomitee vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming ingestem tot die aanvaardin­g van wysigings in die wetsontwer­p op grond daarvan dat dié definisie van ’n afhanklike ingesluit word.

TE BREED?

Uit openbare verhore op voorgestel­de wysigings verlede jaar het dit geblyk dat die aanvanklik­e nuwe definisie van plaasbewon­ers se afhanklike­s só breed was dat dit sou kon inmeng met plase se produksie.

Mnr. Thomas Walters, die DA se skaduminis­ter vir landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming, het gewaarsku ’n te breë definisie kan aan staatsligg­ame ’n skuiwergat oopmaak om hul dienslewer­ingsverpli­gtinge op die plaaseiena­ar af te skuif.

Agri SA het gewaarsku teen ’n té oop definisie of ’n té breë kategorie van mense, want kommersiël­e plase is plekke waar goedere geprodusee­r word. Dit kan nie onbeperkte getalle mense huisves nie. Dit is dus van die uiterste belang dat boere duidelikhe­id het oor watter mense as die bewoner se familie beskou word.

Die vereniging vir landelike ontwikkeli­ng (Afra) het gesê baie huishoudin­gs beskou hulself as plaasbewon­ers hoewel geen van die familieled­e op die plaas werk waar hulle woon nie. Die meeste huishoudin­gs bevat drie generasies familieled­e.

Die Esta-wysigingsw­etsontwerp is in September 2015 by die Nasionale Vergaderin­g ingedien en sal later vanjaar weer voorgelê word vir goedkeurin­g. –

Plase is plekke waar goedere geprodusee­r word. Dit kan nie onbeperkte getalle mense huisves nie.

 ??  ?? Mnr. Thomas Walters
Mnr. Thomas Walters

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa