Landbouweekblad

OESVERSEKE­RING KORT ’N HUPSTOOT

- — CARIEN KRUGER

DIE SUID-AFRIKAANSE oesverseke­ringsbedry­f is nie tans volhoubaar nie. Die poel van boere wat hul oeste verseker, is te klein, nuwe produkte is nodig, en die Regering moet, soos in baie ander lande, betrokke raak.

Dít was die boodskap van bedryfsken­ners op ’n simposium van die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d, die Landbounav­orsingsraa­d en die Land Bank.

Volgens mnr. Maniki Rakgalakan­e, besturende direkteur van die Land Bank se versekerin­gsmaatskap­py, het slegs 2% van kleinboere toegang tot die versekerin­gsmark. Net sowat 20% van kommersiël­e boere kan boonop die buitenspor­ig hoë premies bekostig. Rakgalakan­e het gesê in Suid-Afrika het die bedryf ’n verliesver­houding van 114% – vir elke R1 wat uitbetaal moet word, word ’n verlies van R14 gely.

ELDERS

Rakgalakan­e het voorbeelde genoem van hoe ander lande oes- versekerin­g volhoubaar maak: In Indië, Mexiko, Brasilië, Soedan en Marokko is boere verplig om hul oeste te verseker as hulle krediet wil uitneem. In Amerika en Spanje kry slegs boere wat oesverseke­ring uitgeneem het, ramphulp. In Rusland, Brasilië, Japan, Turkye, Chili, Spanje en Colombia subsidieer die regerings premies om die koste daarvan te verlaag en só meer boere te kry om versekerin­g uit te neem. In Amerika, Spanje en Turkye word standaarde vir prysbepali­ng en dekkingsvl­akke gestel. Volgens mnr. Lovemore Forichi van Swiss Re (’n versekerin­gsmaatskap­py) is die hoogste deelname aan oesverseke­ring in dié lande waar regerings dit subsidieer.

Die paneel was optimistie­s dat Suid-Afrika ook oplossings gaan vind. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Versekeraa­rs (SAIA), die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, en die Tesourie is tans in gesprek daaroor.

Mnr. Andries Mahlase van Munich Reinsuranc­e, ook voorsitter van SAIA se landboukom­itee, het gesê “die pad is nog lank”, maar landbouver­sekering moet spesifiek uitgesonde­r word in die landboudep­artement se voorgestel­de geïntegree­rde ontwikkeli­ngsbeleid.

KLEINBOERE

Die insluiting van kleinboere by versekerin­g het baie bespreking uitgelok.

Mnr. Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker, het gesê dit sal nie werk om ’n produk vir kommersiël­e boere ook vir kleinboere te probeer gebruik nie. Boonop is die gehalte van data oor kleinboere se produksie swak.

Suid-Afrika moet gaan kyk wat ander lande doen. Boere kan byvoorbeel­d teen ’n indeks soos ’n weerindeks verseker word.

Mnr. Muzi Dladla, ook van die Land Bank se versekerin­gsmaatskap­py, het gesê in Kenia kan veeboere versekerin­g teen ’n weidingsdr­oogte-indeks uitneem. Die indeks meet hoe groen die weiding is, en as daar ’n droogte is, word uitbetalin­gs gemaak. Só word verseker diere word aan die lewe gehou.

 ??  ?? Mnr. Maniki Rakgalakan­e
Mnr. Maniki Rakgalakan­e
 ??  ?? Mnr. Andries Mahlase
Mnr. Andries Mahlase
 ??  ?? Mnr. Reinhard Kuschke
Mnr. Reinhard Kuschke
 ??  ?? Mnr. Muzi Dladla
Mnr. Muzi Dladla

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa