Landbouweekblad

Zokwana staan agter boere

- CARIEN KRUGER

“MOET asseblief nie na politici luister nie. Hulle wil onsekerhei­d skep, vir politieke doelwitte.” Dít was mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, se beroep op die landbou toe hy ’n simposium deur die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR), die Landbounav­orsings- raad (LNR) en die Land Bank in Centurion geopen het.

“Die landbou moet beskerm word. Soos wat kleinboere ontwikkel, moet ons ook die rol beskerm wat kommersiël­e boere speel,” het Zokwana gesê.

“Wanneer ons sê ons wil die ekonomie saam laat groei, sou ons ’n Suid-Afrika wou sien waar boere geen kleur ken nie, waar hulle nie belemmer word deur verskillen­de tale nie, maar te alle tye saamwerk om ’n beter Suid-Afrika te bou.”

Hy het ’n beroep op navorsers, beleidmake­rs, kundiges en boere gedoen om die sektor vir almal haalbaar te maak en gesê baie werk is reeds gedoen om die landbou se potensiaal vir Suid-Afrika te ontsluit.

HANDEL

Zokwana het gesê internasio­nale ekonomiese en politieke neigings rondom onder meer Brexit en die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa) kan Suid-Afrika se marktoegan­g raak. Agoa kan volgens hom egter nie as die rede vir die krimpende Suid-Afrikaanse pluimveebe­dryf beskou word nie omdat dit Europese invoer van hoender is wat ’n demper op die bedryf plaas.

“Ons as Regering moet instrument­e ondersoek wat ons kan gebruik om ons eie bedrywe te beskerm. Ons kan nie ’n situasie toelaat waar almal bruin vleis hier stort, terwyl ons nie ons wit vleis aan daardie markte kan verkoop nie.”

GELEENTHED­E

Zokwana het die sektor aangemoedi­g om geleenthed­e vir uitvoer na Brics-lande te ondersoek. Suid-Afrika het volgens hom reeds die geleenthei­d om duif-ertjies (duiweboont­jie), varkvleis, mango’s en persimmons na Indië uit te voer. Hy het gesê klimaatver­andering bied geleenthed­e vir meer navorsing en vernuwing sodat die land homself beter kan voorberei op natuurlike struikelbl­okke, soos droogte en nuwe plae en dieresiekt­es. –

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa