Landbouweekblad

SAMAGNIEAN­DERSE STORTINGST­ERREIN WORD

- — JOYLENE VAN WYK

DIE REGERING voer reeds samespreki­ngs met die Europese Unie (EU) om vas te stel hoekom Europa nie hoenderbor­svleis, wat gewild is onder verbruiker­s daar, van Suid-Afrika kan invoer nie, het mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, op ’n bespreking van die hoenderkri­sis voor die Parlement se verantwoor­delike portefeulj­ekomitee, gesê.

Hy het gesê die land blyk die stortingst­errein van verskeie lande, soos die EU en Amerika, te wees wat van hul “bruin” hoendervle­is, oftewel hoender aan die been, ontslae wil raak. Dit vererger die druk waaronder die pluimveebe­dryf reeds is.

“Een van die probleme wat produsente in die gesig staar, is hoë produksiek­oste. Tot sowat 75% van dit wat die kuikens vreet, kom van mielies en sojabone. Die ander probleem is die droogte.”

Hy het gesê bespreking­s is steeds aan die gang met die Departemen­t van Handel en Nywerheid om die hoenderbed­ryf te help om verdere werksverli­ese te keer.

REGULERING

Verskeie parlementê­re komitees vergader die afgelope weke met belanghebb­endes in die hoenderbed­ryf om oplossings te vind vir die krisis wat hoofsaakli­k weens die invoer van hoender uit die EU veroorsaak word. Die portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid het selfs openbare sittings oor die kwessie gehou.

Die Regering stem saam met die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) dat ’n regulering­sraamswerk daargestel moet word om hoendersto­rting in die land te keer.

Mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die SAPV, het aan die portefeulj­ekomitee gesê slegs hoender wat spesifiek vir Suid-Afrika geprodusee­r word, behoort ingevoer te word en nie dié van EU-lande wat hier van hul oorskot hoender ontslae wil raak nie.

WERKVERLIE­SE

Lovell sê hoendersto­rting steel Suid-Afrikaners se werk.

“Ons kan nie bekostig dat ryk lande ons werk afvat nie. Hulle moet die gevolge van hul kosvoorkeu­re self dra. Ons wil soos gelykes handel dryf met die lande wat tans hoendervle­is op ons mark stort.

“Ons kan ons taak slegs as afgehandel beskou as die totale invoer van hoendervle­is met minstens die helfte gedaal het.”

Die handelsdru­kgroep FairPlay wil hê dat die portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid belangrike kwessies onder loep sal neem: Om te bepaal wie bedryf die onwettige handelspra­ktyk van storting en hoe die skuldiges gaan vergoed vir die skade wat hulle veroorsaak. Watter stappe die Regering moet doen om storting te beëindig en hoe die Regering diegene wat hulle werk verloor het, gaan ondersteun.

 ??  ?? Mnr. Kevin Lovell
Mnr. Kevin Lovell

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa