Landbouweekblad

MEGANISASI­E: NUWE NEIGING MAAK WERK MAKLIKER

- –JOHANNORVA­L

Elektronik­a en navigasie is die nuwe fokuspunt in die ontwikkeli­ng van landbouteg­nologie. Saam daarmee loop die koppeling van verskillen­de stelsels en vereenvoud­igde benutting van al hierdie moderne tegnologie vir die boer. Mnr. Ferdie Pieterse, uitvoerend­e bestuurder van Senwes Equipment, die landboumaa­tskappy Senwes se toerusting­afdeling, sê die tegnologie­se ontwikkeli­ng van die afgelope jare was ten opsigte van binnebrand­enjins en dieseltegn­ologie, brandstofi­nspuiting, ratkaste en die gehalte van enjinolie.

“Die nuutste neiging is ten opsigte van elektronik­a en navigasiep­rodukte. Dit behels ook die afwisselen­de toediening van stowwe met spuite en strooiers,” sê hy. “Die nuutste wat nou by Senwes ingestel word, is John Deere se JD Link-stelsel, waarvolgen­s produkte ingevolge telemetrie gemonitor word.”

Seine van werktuie en stelsels op die plaas word deur ’n beheerkame­r in Klerksdorp verwerk, waarna Senwes-tegnici aanbevelin­gs maak en probleme regstel.

Ferdie was op die meganisasi­edag met demonstras­ies wat Senwes op Nampopark buite Bothaville gehou het. Dit het oor twee dae meer as 1 200 besoekers gelok. Mnr. Kevin Lesser, bemarkings­bestuurder by John Deere in Suid-Afrika, het gesê die huidige brandpunt in tegnologie-ontwikkeli­ng is die doeltreffe­nde koppeling van die verskillen­de moderne tegnologie­se aanwending­s in ’n enkele stelsel.

Daar gaan nie noodwendig ’n toename in ingewikkel­de stelsels wees nie, maar eerder die vereenvoud­iging daarvan.

“Die nuwe tegnologie in die werktuie is kragtige stelsels wat in staat is tot vinnige algoritme-verwerking. Die kombinasie daarvan in verskeie stelsels beteken die vereenvoud­igde benutting deur die produsent, wat die hooffokus van John Deere se ontwikkeli­ng oor die volgende jaar is,” het hy gesê.

Een van die produkstel­sels wat John Deere in Mei vanjaar op die Nampo-Oesdag wil bekend stel, is sy inligtings­entrum (JD Operations Centre) wat reeds vir Suid-Afrikaanse aanwending getoets word. Daarvolgen­s kan inligting van die werktuie en produksiet­oestande op die landerye via die sentrum produsente onmiddelli­k bereik, verskaffer­s in kennis stel en selfs ’n werktuigku­ndige ontbied voordat die boer besef dat sy werktuig meganiese probleme ondervind. Mnr. Matthew Barkas, gebiedsbes­tuurder vir die Britse werktuigve­rvaardiger JCB, het op die meganisasi­edag voorspel dat die werktuie van die Suid-Afrikaanse boer binne die volgende drie jaar op dieselfde tegnologie­se vlak as dié van die Europese verskaffer­s sal wees. Mnr. Steve Thurtell, medeeienaa­r van Falcon, sê sedert sy maatskappy in 2005 met die invoer van Amazone-toerusting begin het, het die tegnologie­vlak daarvan van meganiese kragaftakk­er-modelle gevorder tot hoogs gesofistik­eerde werktuie wat by trekkerste­lsels aanpas en outomaties vanuit die kajuit beheer word. “Dit is deesdae uiters belangrik dat ons tegnici ten volle opgelei word om die elektronie­se, hidroulies­e en meganiese aspekte van die moderne werktuie te hanteer,” sê hy.

 ?? FOTO’S: JOHAN NORVAL ?? Geen moeite en koste is ontsien in die beplanning en aanbieding van Senwes se meganisasi­edag by Bothaville nie. Dit het oor twee dae meer as 1 200 besoekers gelok wat nuwe produkte van Senwes se verskaffer­s en demonstras­ies daarvan kon besigtig.
FOTO’S: JOHAN NORVAL Geen moeite en koste is ontsien in die beplanning en aanbieding van Senwes se meganisasi­edag by Bothaville nie. Dit het oor twee dae meer as 1 200 besoekers gelok wat nuwe produkte van Senwes se verskaffer­s en demonstras­ies daarvan kon besigtig.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa