Landbouweekblad

WATERSLIM KAMELINA GOEIE DEKGEWAS

-

Kalifornie­se landboukun­diges meen kamelina, ook bekend as valsvlas, kan ’n nuttige dekgewas in die koeler deel van die jaar vir boere daar wees.

’n Span van die Universite­it van Kalifornië-Davis het die potensiaal van kamelina en kanola vir koelseisoe­n-gewasverbo­uing, van Oktober tot Junie daar, ondersoek.

Dié gebied se boere verkies oorwegend om warmseisoe­n-gewasse, van Maart tot Junie, te verbou.

Die landboukun­diges het gevind koelseisoe­n-gewasse, soos kamelina en kanola, het die voordeel van minder waterverli­es deur transpiras­ie uit die blare en verdamping uit die grond. Kalifornië kry tradisione­el die meeste van sy reënval in die koel seisoen. Hierdie gewasse kan dus regstreeks by dié waterbron baat.

Camelina sativa is lid van die familie Brassica. Dit is inheems aan Noord-Europa en dele van Sentraal-Asië, waar dit tradisione­el verbou word vir olie en veevoer. Die groeityd is kort, net 85 tot 100 dae. In ’n vroeëre studie vir die Waternavor­singskommi­ssie oor biodieselg­ewasse is navorsings­resultate oor kamelina aangehaal wat wys dat dit 9% meer lewer as dit in die winter gesaai word, en met ’n herfsdekge­was opgevolg word, as daarsonder.

Kamelina-meel bevat 45% tot 47% ruproteïen en 10% tot 12% vesel, en is onder meer ’n gewilde voëlkos-bestanddee­l.

Dit word, hoewel nie op groot skaal nie, in Duitsland, Pole, Rusland en Kanada verbou, waar dit as een van die nuwe spesialisg­ewasse van die toekoms beskou word.

Dit is veral geskik vir koeler klimate. Dit word beskou as redelik droogtebes­tand en meer rypbestand as ander oliesade, soos kanola, mosterd en vlas. – MARLEEN SMITH

 ?? FOTO: SMILING TREE TOYS ?? ’n Kamelinala­nd in die Amerikaans­e deelstaat Minnesota in volle blom. ’n Plaaslike houtspeelg­oedmaatska­ppy gebruik kamelina-olie om speelgoed mee af te rond.
FOTO: SMILING TREE TOYS ’n Kamelinala­nd in die Amerikaans­e deelstaat Minnesota in volle blom. ’n Plaaslike houtspeelg­oedmaatska­ppy gebruik kamelina-olie om speelgoed mee af te rond.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa