Landbouweekblad

PEGG-WIEL STEEDS SLEUTEL TOT VERBOUING VAN AVO’S

- – JASPER RAATS

’n Geïntegree­rde bestuurspl­an is die enigste manier om Phytophtho­ra (wortelvrot) in avokado’s te bestuur, sê dr. Elizabeth Dann van die Universite­it van Queensland in Australië se vereniging vir landbou- en voedselver­nuwing.

Sy sê die sukses van die avokadobed­ryf in Suid-Afrika en Australië kan toegeskryf word aan die navorsing en ontwikkeli­ng van sulke geïngegree­rde bestuursop­sies vir wortelvrot. ’n Deel van hierdie bestuursop­sies sluit die gebruik van fosfonaat as swamdoder in.

Sy sê hoewel net 3% van die Australies­e avokado-oes jaarliks uitgevoer word, voer Suid-Afrika op groot skaal avokado’s uit na Europa waar die maksimum residuvlak­ke (MRL) vir fosfonaat by avokado’s 50 mg/kg is, met party handelaars wat aandring op minder as 20 mg/kg.

“In Australië is ons MRL vir fosfonaat 500 mg/kg. Daar is dus druk op SuidAfrika se avokadokwe­kers om die gebruik van fosfonaat te beperk.”

Die plantpatol­oog mnr. Ken Pegg het reeds in die 1970’s ’n gebalansee­rde bestuurspr­ogram vir avokado’s met sy Pegg-wieldiagra­m voorgestel.

Die sleutelele­mente behels dat ’n mens oordeelkun­dig kies waar om avokadoboo­rde te vestig en grond dan voorberei om voldoende dreinering te bied sodat water nie in die wortelomge­wing opbou nie.

Dunn stem saam met Pegg en sê ’n mens moet onderstamm­e kies wat gehard is teen wortelvrot, soos Dusa, Bounty en Velvic. Sy beveel ook aan dat avokadokwe­kers bome plant wat vry is van Phytophtho­ra. “Kies kwekerye met ’n goeie reputasie daarvoor.”

Sy sê die bywerk van kompos en ’n goeie deklaag verbeter grondstruk­tuur, bevorder wortelontw­ikkeling en stimuleer mikrobiese aktiwiteit wat Phytophtho­raspore bestry. Dunn beveel ook optimale besproeiin­gsbestuur en plantvoedi­ng aan wat kalsiumaan­passing insluit om wortelvrot te onderdruk en silikon om boomgesond­heid en vruggehalt­e te bevorder.

Die laaste speek in die wiel is die verantwoor­delike gebruik van chemikalie­ë, soos fosfonaat en metalaksie­l, waarvan die gebruik ondersteun moet word deur wortel- en vrugresidu-ontleding.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa