Landbouweekblad

Produksie 60% hoër met opleiding

Deur basiese landboupra­ktyke reg te doen, maar bowenal deur opleiding, kon mnr. Frikkie Jacobs, ’n plaasbestu­urder op een van die Bo-Radyn-boerdery se appel-en-peerplase, produksie binne twee jaar van 12 000 tot 18 000 kratte verhoog. Sy siening oor bemag

-

Op mnr. Frikkie Jacobs se CV pryk van die indrukwekk­endste vrugte-ondernemin­gs in die Wes-Kaap – plekke soos die Dutoit Groep en Capespan – maar sy pad het ’n nederige begin as plaaswerke­r se seun gehad voordat hy in 2013 die leisels op Queen Anne oorgeneem en sommer gou produksie met byna 60% gelig het.

Daar vloei beslis grond in Frikkie se are – hy het voorheen ook ’n plaas wat teen ’n verlies geloop het, help omkeer om binne twee seisoene gelyk te speel.

Hy was nog altyd ambisieus. Nie bang vir werk nie. Uitgehonge­r vir sukses, maar met ’n diep bewustheid van hoe belangrik mensekapit­aal is.

“Ek het op die plaas Leeufontei­n in die Warm-Bokkeveld grootgewor­d, waar my pa en ma albei gewone plaaswerke­rs was,” vertel Frikkie, waar hy by die lang tafel in sy kantoor, met die wye vistas oor die Theewaters­kloofdam, sit. “Ek het van kleins af in die landbou belang gestel, maar toe ek moes besluit wat ek ná skool wou doen, het ek dit nie eens oorweeg nie, want ek het geweet ek gaan nie daar (as ’n plaaswerke­r) wil stop nie en my ouers kon my nie finansieel bystaan om te gaan studeer nie.”

Maar danksy’ nop leidings geleenthei­d en ’n paar knap leermeeste­rs langs die pad kon Frikkie se landbouloo­pbaan fluks vorder.

Gelukkig vir die landbou het daar dadels gekom van sy matriekpla­n om ’n rybewys te kry en hom by die polisiedie­ns aan te sluit.

‘DOEN DIE BASICS REG’

Die plaas is beplant met 89 ha appels (Golden Delicious, Granny Smith, Royal Gala, Pink Ladies, Fuji en Panorama Golden) en 23 ha pere (Packham’s, Forelle en ’n bietjie vroeë Bon Chretiens). Dit word hoofsaakli­k deur Capespan aan uitvoermar­kte bemark.

“Toe ek in 2013 hier kom, het ek ’n oes kom kry. Ons het daardie jaar teen April sowat 12 000 kratte (4 320 ton) geoes. Teen 2015 het ons dit opgestoot tot 18 000 kratte (6 480 ton) – met presies dieselfde bome.

Ons het verlede jaar vir die eerste keer 9,5 ha nuwe bome aangeplant,” gesels hy oor ’n prestasie wat aan hom in 2015 die sagtevrugt­ebedryf (Hortgro) se eerbewys as Plaasbestu­urder van die Jaar besorg het.

Dit wil gedoen wees, maar Frikkie keer vinnig dat daar geen groot ingrypings of veranderin­gs was nie.

“Ons het net die basics begin reg doen,” sê hy glimlaggen­d. Dit is ’n plan wat al voorheen vir hom gewerk het, toe hy as produksieb­estuurder op Applethwai­te, een van Capespan se plase op Grabouw, moes help om die plaas, wat in 2010 ’n verlies gely het, om te draai. Teen 2012 het Applethwai­te gelykgespe­el.

“Ek het op Queen Anne presies dieselfde gedoen as op Applethwai­te. Ons het op die basiese goed gekonsentr­eer, soos om die regte hoeveelhei­d misstof en besproeiin­g op die regte tyd toe te dien, voorkomend plaagbestr­yding toe te pas, moeilike hellings beter te bestuur en snoei- en uitdunprak­tyke te verbeter.”

Hulle het nouer saam met Agrimotion gewerk om plantvoedi­ng te verbeter en grondregst­ellings te maak en “nader aan die grond te lewe”.

“Jy moet goeie grond hê om ’n goeie boom te vestig. Ons het die regte hoeveelhed­e kuns-

‘Mense is ’n bate waarsonder jy nie kan vorentoe gaan en die taak wat jou opgelê is, met sukses aanpak nie. Vandag nog luister ek na al ons werkers se voorstelle.’

 ??  ?? Mnr. Frikkie Jacobs in ’n Golden Delicious-boord op die plaas. Die appels word veral in Afrika bemark. lbotha@landbou.com
Mnr. Frikkie Jacobs in ’n Golden Delicious-boord op die plaas. Die appels word veral in Afrika bemark. lbotha@landbou.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa