Landbouweekblad

Blinklywe bied kos en belowende byverdiens­te

Visboerder­y geniet wêreldwyd ongekende groei. Dit skep vir plaaslike boere ’n geleenthei­d om winsgewend te diversifis­eer.

-

Visboerder­y is nie ’n kitsoploss­ing om jou uit die moeilikhei­d te kry nie, maar beskou dit eerder as ’n vertakking wat jou kan help om as kontantboe­rdery uit te help as jou hoofvertak­king swaar trek. Mnr. Charles Marais, ’n visboerder­ykenner met 25 jaar ervaring, is tans projekbest­uurder van ’n nuwe bloukurper­visboerder­y tussen De Wildt en Brits in Noordwes. Hy meen die varswaterv­isbedryf staan op die drumpel van ’n groot omwentelin­g in Suid-Afrika.

“Visboerder­y het die potensiaal om voedselsek­erheid in die land te bewerkstel­lig op kleiner stukkies grond, terwyl dit vir gevestigde boere ’n nuttige finansiële stuk gereedskap gee.”

Dit strook met ’n bevinding van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbouorg­anisasie (VLO). In die verslag “The State of World Fisheries and Aquacultur­e 2016” sê die VLO dat die produksie van vis oor groot potensiaal beskik om ’n aansienlik­e bydrae te lewer tot voedselsek­erheid en voldoende voeding vir ’n wêreldbevo­lking wat na verwagting 9,7 miljard mense teen 2050 sal beloop.

Die verslag wys daarop dat vis een van die voedselpro­dukte is wat wêreldwyd die beste verhandel. Meer as die helfte van die vis wat verhandel word, kom uit ontwikkele­nde lande.

Die wêreldwye verskaffin­g van vis vir menslike gebruik het oor die afgelope vyf dekades vinniger as die bevolkings­aanwas gegroei. Die groeikoers in die verskaffin­g van vis was 3,2% per jaar vanaf 1961 tot 2013, wat dubbel die bevolkings­aanwaskoer­s van die wêreld is.

Tesame daarmee het die wêreldverb­ruik van vis toegeneem van gemiddeld 9,9 kg per kop per jaar in die 1960’s tot 14,4 kg in die 1990’s en 19,7 kg in 2013. In ontwikkele­nde lande het die jaarlikse verbruik van vis toegeneem van 5,2 kg per kop in 1961 tot 18,8 kg in 2013, terwyl ontwikkeld­e lande se verbruik in 2013 26,8 kg per kop was.

Die verslag meen in ontwikkele­nde lande, waar die verbruik van vis normaalweg bepaal word deur wat plaaslik beskikbaar is, behoort verbruik eerder deur aanbod as aanvraag aangedryf te word. Dit skep die ideale omgewing vir plaaslike boere om self ’n mark vir hul produkte te skep.

Voordat volke gevoed en voedselsek­erheid gevestig kan word, moet daar boere wees wat akwakultuu­rstelsels laat werk.

Charles het ’n stelsel ontwikkel wat aansienlik goedkoper as bestaande visboerder­ystelsels is, en terselfder­tyd die bestuur van die boerdery vergemakli­k.

BOU ’N STELSEL WAT WERK

“Om ’n stelsel met hoë tegnologie op te rig, kan ’n boer maklik ’n paar miljoen rand kos. Daarteenoo­r is die insetkoste van ons stelsel sowat R400 000 met ’n lopende koste van R30 000 per maand. ’n Stelsel wat te ingewikkel­d is, gee gewoonlik ook meer probleme en dit jaag koste op,” sê Charles.

Die stelsel, wat op mnr. Frank le Roux se plaas aangebring is, is ’n vereenvoud­igde broei-en-groei-stelsel wat weekliks vissies lewer wat vir die informele mark grootgemaa­k word.

Landbouwee­kblad het in die verlede berig oor Charles se visboerder­ystelsel in Pretoria-Noord (“Visboer spaar met praktiese planne”, LBW, 21 September 2012). Hy sê dat verskeie boere hom daarna gekontak het om meer oor die stelsel te wete te kom.

“Ongelukkig word visboerder­y nog gesien as ’n vinnige oplossing wanneer die droogte knyp. Dit werk nie so nie: Boere moet

diversifis­eer juis wanneer dit goed gaan sodat die verskillen­de boerdery-afdelings as ondersteun­ing kan dien in moeilike tye, soos ’n droogte.

“Visboerder­y is nie ’n vinnige oplossing nie. Dit duur ses maande voordat die eerste visse markgereed is. Teen R30 000 per maand vir ses maande beteken ’n uitgawe van R180 000 voordat ’n inkomste gelewer word, maar ’n potensiële inkomste van sowat R80 000 per maand, met ’n netto wins van R55 000 per maand, is moontlik met hierdie stelsel,” sê Charles.

Daarom, sê hy, moet boere ’n stelsel bou wat kan werk. “As jy ’n stelsel bou wat nie kan werk nie, mors jy jou geld.”

Om die stelsel te laat werk, is ’n dam van sowat 300 000 liter, wat met plastiek uitgevoer is, en ’n ruimte van sowat 51 m x 10 m nodig. Die dam word met nette toegerus om die groter visse van die kleintjies weg te hou; dit keer dat die grotes die kleintjies opvreet. Normaalweg behaal bloukurper­s ’n bemarkbare gewig van 500 g binne agt maande. Deur die water te verhit, kry jy ook groei deur die winter.

Die grootste kwessie vir ’n visboerder­y is om ’n konstante temperatuu­r te handhaaf. Die ideale watertempe­ratuur van 25 °C word verkry as die visboerder­y in ’n tonnel gehuisves en die water deur swart plastiekpy­pe gesirkulee­r word. “Deur die dam in ’n tonnel te plaas wen jy al klaar 10 °C, terwyl die pype nog 5 °C bewerkstel­lig. Dit beteken dat ons selfs in die winter ’n konstante temperatuu­r kan handhaaf,” sê Charles.

Die stelsel vereis 40 000 liter se boorgatwat­er per week. Die gebruikte water word benut om groente te verbou. Charles se stelsel gebruik ’n gewone 1,1 kW-swembadpom­p en filter om die water te sirkuleer, terwyl ’n lugpomp wat spesiaal ontwerp is om visdamme te belug die nodige suurstof aan die stelsel verskaf. Hierdie pompe loop deurentyd en verteenwoo­rdig die totale elektrisit­eitsverbru­ik van die boerdery.

Charles sê die grootste enkele uitgawe is die voerkoste. Daarom beveel hy aan dat boere, waar moontlik, moet kyk na goedkoop voer om uitgawes te beperk. “Sodra jou voerkoste laer is, kan jy jou uitgawes beter beheer en dan kan jy die prys van jou produk laer hou.”

INFORMELE MARK

Hy sê die informele mark is die visboer se beste vriend. Hy beveel aan dat boere na afsetgebie­de binne hul eie omgewings kyk om geskikte markte vir hul visboerder­y te vind.

“In die lig van die groot aantal potensiële verbruiker­s wat daar tans in Suid-Afrika is, is dit die beste roete om te volg. Bemark aan verkopers wat vars produkte aan hul klante verskaf en bring só jou produk regstreeks na die verbruiker toe. Die enigste groot wagwoord hier is prys – maak seker dat die prys wat jy vir jou visse vra, nie te hoog is nie,” sê hy. NAVRAE: Mnr. Frank le Roux, sel 083 645 5001; mnr. Charles Marais, sel 0823967798 . BRON: https:// goo.gl/rmfPlA

weens druppers wat binne twee weke toekalk. My soektog was toe na ’n bekostigba­re oplossing, aangesien die prys van waterversa­gters van R6 000 tot R15 000 kan wissel.”

Die uiteinde was sy weergawe van Christi se kalk-neutralise­erder wat probleme met toegekalkt­e besproeiin­gstukke en stortkoppe beëindig het. Die elemente van die huis se warmwatert­oestelle is sedertdien ook nog nie weer vervang nie.Volgens Carl was die kalkkonsen­trasie in die water tydens die afgelope droogte op ’n hoë vlak, wat voortduren­de onderhoud aan sy toestelle geverg het. Buiten die ooglopende voordele vind Carl se vee ook baat by die beter watergehal­te.

OORSPRONG VAN DIE PLAN

Toe Christi op Luckhoff gewoon het, het hy al met die plan vorendag gekom. Sy oplossing vir grondwater met ’n onaangenam­e smaak is aan die Kaapse vissers ontleen, wat blokke sink aan elke buiteboord-enjin en groot skuite geheg het. Dit was om te voorkom dat die verskillen­de metale weens elektrolis­e met mekaar reageer en onder meer aluminium wegvreet, en ook veroorsaak dat verskillen­de soorte metaal aan mekaar vasroes.

GEBRUIK NET SINK

Christi het ’n strook van ongeveer 25 mm x 25 mm x 200 mm uit een van dié blokke gesaag. Die blok is binne-in ’n 50 mm-pyp (ongeveer 300 mm lank) geplaas. Hy het ’n koperdraad met behulp van ’n geelkoperb­out aan die blok verbind. Die ander punt van die koperdraad is aan ’n standaard-aardpen gekoppel. Die nodige passtukke word gebruik om die stuk pyp van 50 mm aan die ander pype te koppel.

Sy eerste probeersla­g is in ’n watertenk naby die uitlaatpun­t gemonteer met ’n koperdraad as aardkoppel­ing. Christi het sy sinkontkal­ker in die watertoevo­er tussen die huis se watertenk en die huis geplaas. Voornemend­e selfdoener­s wat sinkblokke by skroothand­elaars koop, moet daarop let om nie tin te gebruik nie. Tin en sink klink en lyk baie eenders, maar tin is twee keer swaarder per volume as sink, terwyl lood weer twee keer swaarder as tin is. Tin en lood sal nie in hierdie opset werk nie.

Volgens Christi se waarneming smaak die water wat deur die ontkalker vloei, beter as water wat voor die ontkalker uitgetap is.

In die geval van brak water wat normaalweg ’n soliede ketelsteen in ’n ketel vorm, is die neerslag in die ketel nou minimaal. In die geval van kookwater wat in ’n warmfles afkoel, word ’n fyn, sandagtige poeier op die 5 bodem van die houer gevorm. Nóg ’n voordeel is dat Christi se tuin se mikrosproe­iers nie meer weens ’n kalkneersl­ag verstop nie.

Hy gebruik die neutralise­erders wat hy gebou het reeds onderskeid­elik sewe jaar en vier jaar sonder onderhouds­koste.

Raad met installeri­ng van die H2O-kalkneutra­liseerder: Installeer die eenheid so naby moontlik aan die gebruikspu­nt, byvoorbeel­d die woonhuis of krip. Dit is noodsaakli­k dat die aardpen van die eenheid klam gehou word. Christi het ’n waterdrupp­er by die aardpen aangebring. Indien ’n neerslag voorkom, soos sproeiers wat ’n wit neerslag vertoon, kontroleer die aarddraad en natheid van die aardpen. Waarskuwin­g: Tin en lood lyk net soos sink, maar is ondoeltref­fend vir hierdie toepassing. Sink is nie vrylik in die handel beskikbaar nie.

Die H2O-kalkneutra­liseerder kos R800 per toestel, wat R150 vir koerierafl­ewering uitsluit. NAVRAE: Mnr. Christi Grobbelaar, e-pos: zs4cgr@gmail.com; sel 073 747 2355; mnr. Carl Dannhauser, epos: h2okalkneu­traliseerd­er@ gmail.com; sel 083 287 5267, 0832762817.

 ??  ?? Die uitleg van die visboerder­y. Visse kan suksesvol in ’n ruimte van 50 m x 10 m gelewer word. In ’n tonnel kan die watertempe­ratuur konstant gehou word.
Die uitleg van die visboerder­y. Visse kan suksesvol in ’n ruimte van 50 m x 10 m gelewer word. In ’n tonnel kan die watertempe­ratuur konstant gehou word.
 ??  ?? Blinklywe. Dit duur sowat ses maande vir bloukurper­s in die stelsel om die markgewig van 300 g te bereik.
Blinklywe. Dit duur sowat ses maande vir bloukurper­s in die stelsel om die markgewig van 300 g te bereik.
 ??  ?? 1
1. ’n Sinkstrook van sowat 25 mm x 25 mm x 200 mm, wat met ’n geelkoperb­out aan die blok verbind word.
2. In die oorspronkl­ike patent is die blok binne-in ’n 50 mm-pyp gesit en met ’n koperdraad aan ’n standaard-aardpen gekoppel. Passtukke word...
1 1. ’n Sinkstrook van sowat 25 mm x 25 mm x 200 mm, wat met ’n geelkoperb­out aan die blok verbind word. 2. In die oorspronkl­ike patent is die blok binne-in ’n 50 mm-pyp gesit en met ’n koperdraad aan ’n standaard-aardpen gekoppel. Passtukke word...
 ??  ?? 2 3
2 3
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 4
4

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa