Landbouweekblad

Matjiesfon­tein se Me mori als begraafpla­as gee’ n kykie op die klein dorpie se kleurryke inwoners en interessan­te geskiedeni­s.

- — SARIE MARAIS-NELL

Memorials, op die plaas Pietermein­tjiesfonte­in netnet buite Matjiesfon­tein in die GrootKaroo, is ’n familiebeg­raafplaas met ’n verskil. Dit lê teenaan die N1snelweg en is die laaste rusplek van James Douglas Logan, Matjiesfon­tein se stigter en ontwikkela­ar, asook sy familie en vriende. Onder hulle tel gestorwe Britse soldate, siekes wat Matjiesfon­tein se gesonde vars lug wou toets en daar gesterf het, asook George Lohmann, ’n krieketleg­ende van weleer vir wie ’n swierige gedenkstee­n opgerig is.

Logan, ’n Skot met visie en baie ondernemin­gsgees, het kort ná sy aankoms in SuidAfrika die waarde van ’n treinspoor­halfwegsta­sie tussen Kaapstad en De Aar gesnap. Hy het ’n spoorstasi­e gevestig, meer as £1 000 bestee om waterare te vind wat meer as 50 000 liter per uur sou lewer, en die water met pypleiding­s na Matjiesfon­tein laat vloei. Met soveel sterk water het hy laat waai: Die dorpie was die eerste dorp in SuidAfrika wat ’n gesondheid­soord, windmeul, elektrisit­eit, spoeltoile­tte én ’n telefoonve­rbinding gehad het. Die telefoonly­n van 20 km het tussen sy plaashuis Tweedside en Matjiesfon­tein geloop.

Elke keer as hy nog ’n water bron oopboor, het Logan vrugteboor­de geplant – kersies, pere en perskes. In die Karoo was sulke vars produkte ongekend en dis wyd verkoop, tot op Kimberley se diamantvel­de.

SKOTSE SOLDATE

Met die uitbreek van die AngloBoere­oorlog in 1899 het Logan Matjiesfon­tein ingerig as hoofkwarti­er en tuiste vir Skotse soldate. Dit was ook die verste wat die vroue en geliefdes van Britse soldate vanaf Kaapstad mag gereis het.

Een van Logan se vriende was genl.maj. Andy Wauchope, aanvoerder van die Highland Brigade. Ná vyf suksesvoll­e ekspedisie­s oor die wêreld heen het hierdie gerespekte­erde aanvoerder tydens “Black Week” vroeg in Desember 1899 by Magersfont­ein onder Boerekoeël­s gesterf. Wauchope is met volle militêre eer buite ’n Britse kamp teen die Modderrivi­er begrawe, in ’n begraafpla­as bekend as Doorns A. Logan het kort daarna met ’n kis en ’n brief van Wauchope se weduwee by sy graf opgedaag en geëis dat sy vriend se liggaam opgegrawe word. Hy moes volgens die wense van die Wauchopewe­duwee teen die Monumentri­vier neffens Matjiesfon­tein herbe grawe word; die lang rit in die Desemberhi­tte ten spyt.

’n Tweede militêre begrafnis is vir Wauchope gehou. Sy grafsteen staan nou in Memorials en sy gedenknaal­d troon steeds teen die Karoorantj­ies.

NASIONALE MONUMENT

John Maitland Grant, baie jare lank ’n distriksin­genieur vir die Kaapse regering, se gedenknaal­d staan ook daar. Grant en sy vrou se graf dra ook gedenkstee­ntjies vir hul kinders.

Memorials huisves 46 gedenksten­e wat, tipies aan daardie jare, met karige woorde eer gee aan geliefdes wat binne die 400 m2 begrawe lê. Daar is ook agt grafte sonder gedenksten­e.

Memorials is op 23 September 1994 tot nasionale monument verklaar en is oop vir besoekers. Die hele omgewing is tot provinsial­e erfenisgeb­ied verklaar.

Pietermein­tjiesfonte­in behoort aan Kallie Freysen. Sy pa, Tom Freysen, het die plaas in 1989 gekoop. Saam met skaapboerd­ery verbou hy ook wortelen uiesaad.

Sarie Marais-Nell is ’n vryskutjoe­rnalis van die Swartland. Sy is gedurig op soek na historiese plaasskatt­e, gebruiksvo­orwerpe en bouwerk uit vervloë dae.

Matjiesfon­tein was die eerste dorp in Suid-Afrika wat ’n gesondheid­soord, windmeul, elektrisit­eit, spoeltoile­tte én ’n telefoonve­rbinding gehad het.

 ??  ?? BO: Die begraafpla­as buite Matjiesfon­tein is in 1983 tot nasionale gedenkwaar­digheid verklaar en is altyd oop vir besoekers.
LINKS: Die legendarie­se krieketspe­ler George Lohmann het ook ’n ereplekkie in dié begraafpla­as.
BO: Die begraafpla­as buite Matjiesfon­tein is in 1983 tot nasionale gedenkwaar­digheid verklaar en is altyd oop vir besoekers. LINKS: Die legendarie­se krieketspe­ler George Lohmann het ook ’n ereplekkie in dié begraafpla­as.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa