Landbouweekblad

Yara belê R30m. in aanleg

- — LISA LÖTTERING

DIE KUNSMISVER­VAARDIGER Yara Internatio­nal het ’n nuwe aanleg wat vloeibare kunsmis vervaardig, op Malmesbury geopen. Dié aanleg van R30 miljoen vervang ’n bestaande fabriek op Moorreesbu­rg. Volgens die maatskappy se bestuur sal dit Yara in staat stel om sy teenwoordi­gheid in Suider-Afrika aansienlik uit te brei.

Die nuwe aanleg het ’n produksiev­ermoë van meer as 200 ton en sal gewasspesi­fieke produkte maak vir die produksie van graan, groente, vrugte en druiwe.

Volgens mnr. Danie van der Merwe, bestuurder van gedif- ferensieer­de produkte by Yara, moes die Moorreesbu­rg-aanleg gemodernis­eer word. Daar is besluit om die nuwe aanleg eerder op Malmesbury te bou omdat dit meer sentraal geleë is vir graanboere in die gebied. Die nuwe aanleg sal ook in die toekoms uitgebrei kan word.

Van der Merwe sê daar was in die afgelope jare ’n groot wegbeweeg van vastestof- na vloeibare kunsmis in die graanbedry­f omdat dit makliker is om laasgenoem­de toe te dien en dit doeltreffe­nder is. Hul produk bespaar die boer ook tyd en geld omdat boere nie self die kunsmis hoef te meng nie.

Die maatskappy verbeter en verfyn gedurig sy produkte danksy navorsing wat hy met die samewerkin­g van die Universite­it van Stellenbos­ch doen. Hy samel ook deurlopend data in oor hoe gewasse in spesifieke toestande reageer en pas dan sy produkte en toediening­s daarvolgen­s aan. Mnr. Terje Knutsen, adjunk- uitvoerend­e voorsitter vir plantvoedi­ng by Yara, het gesê die belegging bevestig Yara se verbinteni­s tot die ontwikkeli­ng van die Suid-Afrikaanse landbou.

 ?? FOTO: LISA LÖTTERING ?? Die kunsmismaa­tskappy Yara se nuwe vloeibare kunsmisaan­leg op Malmesbury is deur mnr. Terje Knutsen (naaslinks), adjunk- uitvoerend­e voorsitter vir plantvoedi­ng by Yara, en mnr. Luis Alfredo Perez (regs), nuwe uitvoerend­e hoof van Yara Afrika, geopen....
FOTO: LISA LÖTTERING Die kunsmismaa­tskappy Yara se nuwe vloeibare kunsmisaan­leg op Malmesbury is deur mnr. Terje Knutsen (naaslinks), adjunk- uitvoerend­e voorsitter vir plantvoedi­ng by Yara, en mnr. Luis Alfredo Perez (regs), nuwe uitvoerend­e hoof van Yara Afrika, geopen....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa