Landbouweekblad

SÓ KAN BOERE WAT PAAIE REGMAAK, VAN STAAT EIS

’n Onlangse hofuitspra­ak sit voorwaarde­s uiteen waaronder boere vergoed kan word wanneer hulle paaie op hul eie koste herstel. JASPER RAATS verduideli­k hoe dit werk.

-

BOERE

regoor Suid-Afrika hoop dat dié uitspraak in die OosKaap in hul distrikte ook van toepassing sal wees, maar landboulei­ers maan dat die bevel eers deeglik bestudeer moet word.

Kortliks bepaal die uitspraak dat boere die verantwoor­delike staatsdepa­rtement in kennis moet stel as daar paaie is wat so erg beskadig is dat dit nie gebruik kan word nie of as die gebruik daarvan lewensgeva­arlik is.

In die Oos-Kaap is die aansoek wat boere voor die hof gebring het op grondpaaie van toepassing en dus die verantwoor­delikheid van plaaslike en provinsial­e owerhede. Mnr. Drickus Botha van die TLU SA Noord wys dus daarop dat boere nie nou links en regs paaie moet regmaak met die hoop om daarvoor vergoed te word nie.

TYDLYNE

Die verantwoor­delike staatsdepa­rtement het 30 dae om inspeksie te doen nadat boere dit in kennis gestel het van ’n onbegaanba­re of gevaarlike pad. As die staat nie binne 30 dae die paaie inspekteer nie of as ’n amptenaar wel die pad inspekteer en saamstem dringende herstel is nodig, kan boere twee kwotasies van siviele kontrakteu­rs inwin en per faks en geregistre­erde pos by die verantwoor­delike departemen­t inhandig. Dit kan ook deur die balju beteken word.

Die staatsdepa­rtement het dan 30 dae om een kwotasie te aanvaar en een van die kontrakteu­rs aan te stel. As die kwotasies nie na wense is nie, moet ’n derde kwotasie aangevra en ’n kontrakteu­r aangestel word.

Indien die staat nie binne 30 dae een van die kwotasies goedkeur of ’n kontrakteu­r aanstel nie, kan boere dan een van die twee kwotasies wat ingehandig is, kies en daardie kontrakteu­r self aanstel.

INSPEKSIE

Die verantwoor­delike departemen­t het dan 30 dae om die kontrakteu­r se werk te inspekteer en indien daar nie inspeksie gedoen word nie, kan boere aanvaar die staat is tevrede met die werk en die kontrakteu­r betaal. Indien daar wel inspeksie gedoen word en die staat is nie tevrede met die kontrakteu­r se werk nie, moet skriftelik­e redes vir die ontevreden­heid aan die boer of boere verskaf word.

’n Dispuut oor gehalte kan na die voorsitter van die betrokke distrik se vereniging vir siviele ingenieurs gestuur word. Sy of haar beslissing kan op aanvraag deur ’n senior advokaat met minstens vyf jaar ervaring geëvalueer word. Die vraag of ’n pad onbegaanba­ar is en dringend herstelwer­k nodig het, kan op dieselfde wyse besleg word as daar ’n dispuut is.

Indien die kontrakteu­r se werk wel op ’n aanvaarbar­e standaard is, kan die betrokke boer die kontrakteu­r betaal en die geld by die betrokke staatsdepa­rtement terugeis.

NOODGEVAL

Wanneer ’n pad wat so erg beskadig is die enigste toegang tot ’n boerdery is en onmiddelli­ke impak op die betrokke boer se boerderybe­drywighede het, kan die boer binne 48 uur nadat die pad onbegaanba­ar geraak het alle dringende stappe doen wat nodig is om die pad dadelik te herstel en uit sy eie sak daarvoor betaal.

Ná die herstelwer­k kan die boer dan twee kwotasies van siviele ingenieurs inhandig om te wys dat die herstelwer­k teen ’n billike prys gedoen is. Daardie kwotasies moet ingewin word voordat daar met herstelwer­k begin word. Saam met die kwotasies moet die boer skriftelik motiveer waarom die werk dringend gedoen moes word en bewyse lewer van hoe die pad gelyk het voor dit herstel is – dit kan met foto’s en beëdigde verklaring­s van derde partye wees wat weier om die pad te gebruik en só die boerdery se lewensvatb­aarheid benadeel. Die herstelkos­te kan dan van die staat verhaal word.

VERGOEDING

Mnr. Doug Stern van Agri Oos Kaap sê slegs boere wat respondent­e in die hofuitspra­ak was, het ’n moontlike kans op eise vir werk wat vóór die hofsaak aan paaie gedoen is. Agri Oos-Kaap het teen druktyd nog nie ’n prosedure in plek gehad om eise in te dien nie.

 ?? FOTO: SWARTWATER-BOEREVEREN­IGING ?? Dit is hoe die R572 tussen Tom Burke en Swartwater lyk.
FOTO: SWARTWATER-BOEREVEREN­IGING Dit is hoe die R572 tussen Tom Burke en Swartwater lyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa