Landbouweekblad

Wense moet uitvoerbaa­r wees

’n Mens kan nie uit die graf regeer nie. Maak voor jou dood seker jou testament is geldig, uitvoerbaa­r en op die regte plek gebêre.

- NAVRAE: E-pos: info@allegiance.co.za

Baie mense doen vererwings in hul testament wat nie uitvoerbaa­r is nie en dan sit die eksekuteur met die probleme. Hier volg ’n paar sulke onuitvoerb­are wense.

Sakemanne wil soms kontant in hul maatskappy­e aan kinders laat vererf. Boetie erf die aandele van die maatskappy en sussie die R3 miljoen wat in die maatskappy se bank is. Dit kan nie. Die seun kry ook seggenskap oor die kontant in die ondernemin­g. Die kontant is deel van die ondernemin­g en is nie apart beskikbaar nie.

’n Sekere sakeman is direkteur van ’n maatskappy waarvan die aandele in “sy” saketrust is. Die maatskappy besit eiendomme. In sy testament bemaak hy van die eiendomme (woonstelle) wat in die maatskappy is, aan sy dogters. Dit kan nie. Die eienaar van die maatskappy (trust se trustees) het seggenskap oor daardie woonstelle en nie die sakeman nie. Dit is nie syne om te vererf nie.

’n Ander sakeman het R500 000 in sy testament aan sy huishulp bemaak, maar sê Maria se erfgeld moet aan die trustee van sy familietru­st gegee word sodat dié moet sorg dat Maria en haar kinders gereeld ’n inkomste kry. Dit kan nie. Maria is nie ’n begunstigd­e van sy familietru­st nie, en sy en haar kinders moet eintlik hul eie trust kry. Die sakeman se trust kan nie Maria se erfenis “in trust” hou en/of kurator speel nie.

Vroeër jare was dit mode om in ’n familietru­st ’n testamentê­re voorbehoud­sbepaling in te skryf, waar ’n sekere trustee in sy/haar testament aan die oorblywend­e trustees opdragte kan gee wat ná sy/haar dood gedoen moet word. Die opdragte is: Wie die oorlede trustee mag opvolg ná sy dood. Wanneer die trust moet beëindig. Dat daar ’n formule voorgeskry­f is wat bepaal wie wat mag kry as die trust eendag termineer. Hoeveel elke trustee as vergoeding mag kry in die toekoms. Dié voorbehoud­sbepaling is deesdae ongeldig ingevolge sekere hofuitspra­ke. Dit dui daarop dat so ’n trustee maak asof die bates in die trust syne is en dat hy die enigste is wat ’n “sê” daaroor het. Die trust is sy “alter ego” en die kans bestaan dat die trust deur ’n hof of deur die SuidAfrika­anse Inkomstedi­ens geïgnoreer kan word. Dan kan al die bates van die trust in die boedel van die oorledene val en gevolglik sal die oorledene daarop eksekuteur­sfooi, boedelbela­sting, kapitaalwi­nsbelastin­g en derglike betaal.

Sulke testamentê­re voorbehoud­sbepalings moet dadelik uit trusts geskrap word. Waar ’n trustee versoek dat iemand hom/haar na sy/haar dood moet opvolg, kan dit nie skade doen nie en is dit toelaatbaa­r.

VIR KENNISNAME

Moenie uit die graf regeer nie. Sorg dat daar genoegsaam vir afhanklike­s (gade en jong kinders) voorsien word. Geen eksekuteur kan gelyke verdeling tussen kinders bewerkstel­lig nie, terwyl 99% van erfgename bepaal: “. . . en ons kinders erf gelykop”. Dus word herverdeli­ngsooreenk­omste tussen erfgename gedoen. “Alles moet verkoop en gelykop verdeel word tussen die kinders” bied nie altyd die oplossing nie. Eiendom gaan nie noodwendig volgens die beste markwaarde verkoop word nie omdat dit ’n gedwonge verkoop is. In verskeie gevalle het ouboet die ondernemin­g of plaas oorgeneem, maar pa het steeds die leisels gehou. Ouboet het dan geen idee van wat hy eendag erf nie, want die sussies moet gelykop erf. Ouboet kan geen vooruitbep­lanning doen nie. Die sussies het geen bydrae gelewer nie, en hulle is getroud en woon elders. Pa en ma behoort te heroorweeg. Ongelukkig­heid onder erfgename kan ondervang word indien erfgename vooraf ingelig word oor erfenisse.

BEWARING VAN TESTAMENT

Ander mense moet weet waar jou laaste testament is, want die Meester van die Hooggeregs­hof moet dit in die hande kan kry. Trustmaats­kappye (veral banke) bêre of bewaar graag ’n mens se oorspronkl­ike testament teen ’n bergingsta­rief per maand of per jaar. Prokureurs en ouditeure bewaar ook testamente en hulle sorg dat die Meester die oorspronkl­ike kry ná ’n mens se dood.

Mnr. Andrè Eloff is ’n regs-en-besigheids­konsultant van die finansiële­dienstemaa­tskappy Allegiance Consulting.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa