Landbouweekblad

Fredericks­burg se Angusse: Mooi, ja, maar góéd ook

By Fredericks­burg se Angus-stoetery is dit nie net voorkoms wat tel nie. Dit is die kombinasie van fenotipe en prestasie wat aan dié jong ondernemin­g reeds ’n goeie vastrapple­k op gesogte beesskou-podiums gegee het.

- NAVRAE: Mnr. Stefan Terblanche, e-pos stefan@ fredericks­burg.co.za; sel 082 610 5397.

Fredericks­burg se swart Angusstoet­ery is eintlik nog ’n nuweling in die beesbedryf, maar dit is ’n groentjie waarvan die bedryf al deeglik kennis geneem het. Nie net is Fredericks­burg in 2014 en 2016 as die Landbou navorsings­raad se beste vleis bees verbeterin­gs kudde in die Wes-Kaap aangewys nie, maar sy spogbul Fredericks­burg Travel Right FG 14-245 was verlede jaar ook die wenner in die spesiale prestasiet­oetsklas op die Jakaranda skou in Pretoria, waar hy die swart Angus verteenwoo­rdig het.

Ander prestasies sluit silwer eerbewyse in 2015 en 2016 by Stamboek se Elite-vleis bees toekenning sin.

“Ons doel was tweeledig: Om fenotipies­e vooruitgan­g (dus voorkoms) te maak, maar ook eienskappe te teel wat tot voordeel van die Angus-ras sal wees,” vertel mnr. Bob Hobson, L’Ormarins se landgoed bestuurder.

Die Franschhoe­kse stoetery, wat aan die sakemagnaa­t mnr. Johann Rupert behoort, is in 2007 op die plaas Rupert & Rothschild begin met koeie uit die bekende Mequatling­en Woodview Angus-bloedlyne. In 2012 het dit na Rupert se ander plaas, L’Ormarins, geskuif, waar daar meer plek beskikbaar was. Dit is intussen opgebou tot sowat 88 stoet-teelkoeie en 319 kommersiël­e diere.

“Mnr. Rupert hou van swart Angusse – dis ’n mooi bees vir hom en hy hou van die uitstekend­e vleiseiens­kappe,” vertel mnr. Stefan Terblanche, kuddebestu­urder, oor die keuse van swart Angusse.

En wanneer jy die blinkswart beeste op die groen aangeplant­e weiding, geëts teen die Bolandse berge, sien, verstaan jy die bekoring.

“Dis egter ’n baie aanpasbare ras. Mense het die idee dat die Angus nie hitte kan hanteer nie, maar tog vaar hy baie goed in die warm Bolandse en Swartlands­e klimaat. Hy hou ook selfs op die stoppellan­de in die Swartland sy kondisie baie goed.”

TEELDOELWI­TTE

Benewens die uitstekend­e Mequatling- en Woodview-teelmateri­aal het hulle intussen ook embrio’s van Schaff Angus Valley (SAV), een van die oudste Angus-boerderye in Amerika, ingevoer. Hierdie diere begin nou deur die kudde kom. Soos met die ander bedrywe waarin die Ruperts betrokke is, is die strewe in die beesbedryf om die heel beste te wees.

“Ons kyk na ’n mediumraam­bees wat funksionee­l goed presteer en fenotipies korrek is, met goeie BLUP-syfers,” sê Bob.

Amper soos ’n skoonheids­koningin wat nie net mooi is nie, maar boonop slim.

Die ideale raamtellin­g vir Fredericks­burg is tussen 5,8 en 6,2, want te groot diere kan ondoeltref­fend wees vir ons omgewing, glo Stefan. “Jy moet na die holistiese prentjie gaan kyk. Jy moet jouself afvra wat jy wil hê, wat goed vaar by jou en wat die mark vorentoe sal wil hê.”

Hulle hou vier ander teeldoelwi­tte voor

oë: Vrugbaarhe­id, groei, melk en marmering.

“Ons jaag nie agter een enkele eienskap aan nie, maar daar is sekere afsnypunte op die indekse waaronder ons nie sal daal nie,” verduideli­k Bob, Niks word dus in isolasie gesien nie. “Jy kan nie ’n bul met ongeloofli­ke marmering gebruik, maar sy groei is nie so goed nie. Ons wil in die boonste 30% van statistiek­e wees. Ons wil eerder die goeie kenmerke uitbou en ál meer van die slegtes uitlaat. Dis ’n geleidelik­e kurwe. Goeie teelmateri­aal het ’n bietjie tyd nodig,” sê Bob.

Stefan sê die verse en koeie word Augustus, voor die dekking in September, deur ’n veearts ondersoek. Bulle word ook vir vrugbaarhe­id getoets voordat hulle by die koeie kom. Die tye is so gekies dat dit gunstig is vir bevrugting, want die diere se liggaamsko­ndisie neem dan toe.

“Ons bestuur is gereed, wat beteken as ’n vroulike dier nie dragtig is nie, moet ons ’n rede gaan soek. En as daar nie ’n rede is nie…” Teelbare diere kry basies drie kanse – hulle word óf by die bul gesit óf hulle word een keer kunsmatig geïnsemine­er, met ’n opvan volg-inseminasi­e indien nodig. In die derde siklus word ’n bul bygesit. As sy in daardie drie siklusse nie vat nie, is sy uit.

“Dis waar jy ’n fout kan maak. Sentiment begin ’n rol speel en jy soek verskoning omdat sy ’n mooi koei is, maar deur haar te hou nadat sy drie keer nie gevat het nie, skiet jy jouself net in die voet met beesboerde­ry.”

Om groei-eienskappe te bepaal, maak hulle staat op vleis bees sagteware, soos Benguela Soft CC en Stamboek se Logix-program.

“Ons kyk na die speentoets­e, wat op melk en groei toegespits is, en die indeks moet verkieslik nie onder 95 wees nie. Die jaaroud-toetse moet ook nie laer as 95 wees nie.”

Marmering is ’n teeldoelwi­t wat mettertyd vir hulle dividende behoort op te lewer, wanneer L’Ormarins sy eie spogrestau­rant oopmaak en vleis van topgehalte aan gaste moet opdis.

“Ons is reeds baie hoog op die indeks vir marmering, maar ons wil ons vleiseiens­kappe verder opbou.”

BESTE BULLE

“Ons gebruik net bulle uit die boonste 20% die ras en kies hulle spesifiek vir sekere karakterei­enskappe .”

Die afgelope twee jaar het die stoetery nie ’n nuwe bul ingekoop nie, maar nuwe teelmateri­aal het plaas toe gekom deur kunsmatige inseminasi­e en ingevoerde embrio’s.

Hulle het ook verlede jaar hul eerste koei gespoel, wie se kalwers na verwagting in Junie sal aankom.

“Dit hang af van die samestelli­ng van die kudde, maar ons is versigtig om ’n bul sommer langer as twee jaar te gebruik vir die stoetery, want daarná begin hy sy eie kalwers dek. As jou stoetsames­telling dit egter toelaat, kan hy langer gaan.”

Die stoetery het al minstens drie uit-

stekende bulle gelewer: Fredericks­burg Swartklip FG09-34, Fredericks­burg Normandy FG12-132 (wat aan Milagro in die Oos-Kaap verkoop is) en die huidige kampioen, Fredericks­burg Travel Right FG 14-245.

Hulle stuur bulle vir fase C-toetsing en het ook onlangs met fase D-toetse op die plaas begin.

Fase C-bulletjies word met die oog en met die hulp van rekenaarda­ta uitgesoek. Hierdie toets meet ekonomiese eienskappe, soos die voer omsettings verhouding, groei vermoë en skrotumomv­ang.

Die oorblywend­e bulle gaan fase D toe, ’n groeitoets wat op die plaas uitgevoer word om bulle se groeivermo­ë te bepaal.

“Die fase C-toetse bied voordele, maar dis ’n intensiewe toets met ’n koste-komponent. Fase D is growwe inligting, maar dit gee steeds sekere syfers aan jou en kan help om neigings te identifise­er. Die data wat ons daaruit gaan genereer, sal as aanvullend­e bemarking dien vir bulverkope,” sê Stefan.

GESINCHRON­ISEERDE DEKTYE

Een van die praktyke wat ’n wesenlike verskil in die bestuur van die boerdery gemaak het, is die instel van kalftye. Oorspronkl­ik is daar dwarsdeur die jaar gekalf, maar dit is verminder tot twee kalftye en vanjaar tot slegs een.

Stefan sê dié kalftye word in pas met die omgewing gedoen sodat natuurlike hulpbronne (kos en water) ten beste benut kan word. Dit stel Stefan ook in staat om indekswaar­des beter met mekaar te vergelyk en die werklike uitskieter­s te bepaal.

Verse (15 tot 18 maande oud) word in September gedek sodat hul kalwers in Junie of Julie aankom.

Danksy die omgewing, maar ook deur seleksie, vind hulle nie probleme met verse wat so jonk gedek word en op 24 tot 27 maande haar eerste kalf gooi nie.

“As ’n mens die som maak, kan jy oor ’n koei se leeftyd ’n kalf wen.”

’n Veearts help ook bepaal of die jong versies aktief genoeg is vir KI of sinchronis­eerstelsel­s. Indien nie, gaan sy eerder na ’n bul toe.

Geboortege­mak kom weer eens neer op bestuur en seleksie.

Hul kalf- en speenperse­ntasie is onderskeid­elik 96 en 92 vir die afgelope seisoen. Vrektes tussen geboorte en speentyd is skaars.

Hul tussen kalf periode( TK P) staan tans op gemiddeld 389 dae, maar danksy die gesinchron­iseerde stelsel behoort dit vinnig af te kom tot 380. Dis egter net die begin, want hulle beur na 365 dae.

“Daar is geen rede waarom die TKP nie by 365 kan uitkom nie.”

Stefan sê dit sal “massiewe” ekonomiese voordele inhou as hulle daarin kan slaag om ’n kalf te wen oor die lewenstyd van ’n koei.

Die Angus-genootskap het in 2015 en 2016’ n Pa t Mos sop-meriete sertifikaa­t aan die stoetery toegeken vir onderskeid­elik die 12de en 24ste kortste TKP.

WEIDING SLIM BENUT

Die Angusse loop meesal op aangeplant­e weiding, maar om drakrag (tans 4 GVE per hektaar) te verhoog en ander boerdery vertakking­s tot voordeel te strek, benut hulle ook winters aai dekgewas se waar wingerd uitgehaal is.

Hulle het ’n intensiewe kampstelse­l bestaande uit ’n groot aantal klein kampies – party is net 1 ha groot, ander tot 2 ha – waar ’n mengsel van vyf grasse en klawers aangeplant is en besproei word.

Na gelang van die grootte van die kamp en die voer beskikbaar­heid, word die troppe óf daagliks óf elke twee of drie dae geskuif. Daar is ’n minimum wagperiode van 35 dae voordat die kampie weer benut word. Dit gee die weidingsme­ngsel kans om te herstel.

Die mengsel is so saamgestel dat daar reg deur die jaar kos vir die vee is. Dit bestaan uit langswenkg­ras, kropaar (vir die somer) en enkel- en meerjarige raaigras (vir die winter). Hulle saai ook klawers vir die stikstofbi­ndende eienskappe en goeie proteïenin­houd.

Wanneer ’n blok wyndruifwi­ngerd vervang word, lê die grond gewoonlik twee tot drie jaar oop voordat daar weer wingerd gevestig word. Hulle saai dan wintergewa­sse op die grond.

Dit is ook voordelig vir die wingerd, want hulle brand nie die reste nie; dit bly agter.

“Die mis is ook goed vir die grond. Die alternatie­f is dat die grond ooplê of dekgewasse geplant word wat ingewerk word, maar nou kan ons dit met die beeste benut.”

Wanneer Stefan moet voer, is dit gewoonlik bale en melasse. Wanneer die beeste op die wintergewa­sse loop, gee hy ook ’n onderhouds­lek om koeie se minerale aan te vul en ’n produksiel­ek vir koeie met kalwers.

“Tot die bulle word op die weiding gehou, maar hulle kry ’n aanvulling. Dis net die stoetbulle wat vir skoue afgerond word wat ekstra gevoer word.”

Die droogte het ook hier sy tol geëis en Bob vertel water is met byna 50% verminder, wat ’n groot impak op die weiding gehad het.

“Voer is die grootste kostekompo­nent. Die voervloei moet dus vernuftig bestuur word.”

BIOSEKURIT­EIT

Buiten die streng ent- en dipprogram (veral teen knopvel-, spons-, milt- en lamsiekte), het die stoetery ook ’n kwarantyns­telsel. Alle beeste wat die plaas verlaat (byvoorbeel­d na skoue), gaan eers deur ’n drie week lange kwarantynp­roses wanneer hulle terugkeer plaas toe. Ook as hulle diere inkoop, staan hulle eers in kwarantyn.

Die kwarantyng­eriewe kan van die pad af bereik word. Voertuie van buite hoef dus nie deur die plaas te ry om dit te bereik nie. Daar is ook ’n laaibank en kampies. Protokol vereis dat die papierspoo­r van die diere reg moet wees.

Elke bees word gemonitor en daar word op Benguela Soft aantekenin­ge gehou van die behandelin­g van elke siekte en besering.

“As iets later opduik, is die bestuur in ’n beter posisie om te bepaal wat kon gebeur het. Dit help ook vanuit ’n seleksie-oogpunt.”

BEMARKING

Fredericks­burg het nog nie sy eie beesveilin­g nie. Tans verkoop hy stoetvee by die Wes- en Suid-Kaapse Angus-veiling en tree ook as genooide verkopers by ander stoetveeve­ilings op. Diere word ook uit die hand verkoop en tevrede kopers begin terugkeer – van tot so ver as Upington af.

“Skoubywoni­ng is groot bemarking vir ons en dit verseker dat die bedryf ons nie vergeet nie. Skoue is duur en baie moeite, maar dis eintlik ’n goedkoop vorm van bemarking.”

Hulle verkoop die boonste 25% van hul bulle. Aangesien hulle steeds hul kudde probeer vermeerder – met die seleksiedr­uk wat daarmee saam kom – is daar tans nie veel vroulike diere beskikbaar nie.

Die DNS van elke kalf word met haarmonste­rs getoets om ouerskap te bevestig.

“Dit is belangrik vir stoetgedre­we verkope,” vertel Stefan.

Wat kommersiël­e diere betref, word dit uit die hand of op veilings verkoop.

Fredericks­burg is ook deel van die gesertifis­eerde Angus-vleisprogr­am. “Ons het Februarie ons eerste diere aan hulle gelewer.”

Bob sê bemarking bly ’n struikelbl­ok in die landbou. “Hoe kry jy ’n beter prys vir jou premieprod­uk? Jy moet jouself onderskei. Ons moet ’n rekord opbou in die vleishande­l sodat die verbruiker­s spesifiek jou diere wil hê omdat hulle die gehalte vertrou. Jy moet gaan kyk watter nismarkte jy kan betree om mededingen­de pryse te kry.

“As ’n teler ’n bul by jou koop, moet hy weet die bul gaan presteer.”

 ??  ?? Die beeste wei op aangeplant­e weidings in klein kampies en word elke een tot drie dae geskuif na gelang van die grootte van die kamp. Kampiegroo­ttes wissel van 1,5 ha tot 2 ha.
Die beeste wei op aangeplant­e weidings in klein kampies en word elke een tot drie dae geskuif na gelang van die grootte van die kamp. Kampiegroo­ttes wissel van 1,5 ha tot 2 ha.
 ??  ?? FG08-09 is die eerste koei op die plaas wat gespoel is. Haar embrio-kalwers sal in Junie en Julie aankom.
FG08-09 is die eerste koei op die plaas wat gespoel is. Haar embrio-kalwers sal in Junie en Julie aankom.
 ??  ?? Mnre. Siyabonga Silenge, Stefan Terblanche en Abednic Simanga saam met twee van die ysters in die Fredericks­burg-stoetery. Links is FG15-348, die 18 maande oue seun van SAV Internatio­nal 2020. Regs staan Fredericks­burg Travel Right FG 14-245, wat al...
Mnre. Siyabonga Silenge, Stefan Terblanche en Abednic Simanga saam met twee van die ysters in die Fredericks­burg-stoetery. Links is FG15-348, die 18 maande oue seun van SAV Internatio­nal 2020. Regs staan Fredericks­burg Travel Right FG 14-245, wat al...
 ??  ?? ’n Koei met haar kalf, wat binnekort gespeen word. Die koeie is gesinchron­iseer sodat almal rondom Junie en Julie kalf.
’n Koei met haar kalf, wat binnekort gespeen word. Die koeie is gesinchron­iseer sodat almal rondom Junie en Julie kalf.
 ??  ?? Mnre. Stefan Terblanche (beesbestuu­rder) en Bob Hobson (landgoedbe­stuurder). Hulle is baie opgewonde oor die toekoms van die kudde, veral aangesien die hele kudde teen die middel van die jaar gesinchron­iseer behoort te wees.
Mnre. Stefan Terblanche (beesbestuu­rder) en Bob Hobson (landgoedbe­stuurder). Hulle is baie opgewonde oor die toekoms van die kudde, veral aangesien die hele kudde teen die middel van die jaar gesinchron­iseer behoort te wees.
 ??  ?? FG 140245 Travel Right.
FG 140245 Travel Right.
 ??  ??
 ??  ?? Die span wat verantwoor­delik is vir die beesboerde­ry. Agter, van links: Mnre. Siyabonga Silenge, Asanda Mbango en Stefan Terblanche. Voor staan mnre. Abednic Simanga en Matthews Gcali.
Die span wat verantwoor­delik is vir die beesboerde­ry. Agter, van links: Mnre. Siyabonga Silenge, Asanda Mbango en Stefan Terblanche. Voor staan mnre. Abednic Simanga en Matthews Gcali.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa