Landbouweekblad

Voeding resep vir trofeebosb­okke

Die aanname dat bosbokke trofeestat­us eers op vyf jaar bereik, is die nek ingeslaan deur ’n proefnemin­g van Werner Nel van Hartbeespo­ort. Dit blyk dat deurlopend­e, gebalansee­rde voeding, en nie ouderdom nie, die bepalende faktor is.

-

Die aanname dat trofeestat­us met bosbokke eers op vyf jaar bereik word, is met ’n proef die nek ingeslaan. Dit blyk ook dat beperkte habitat ’n minder belangrike rol in karkasontw­ikkeling en horinggroe­i speel: Deurlopend­e, gebalansee­rde voeding is die belangriks­te.

In die soektog na ’n trofeeteel­ram met horings van sowat 17 duim het ek geleer party van die langhoring­ramme wat te koop aangebied word en waarvan die ouderdom sogenaamd van vyf tot agt jaar wissel, het dikwels nie meer behoorlike tande nie. StatisDie tieke oor bosbokke skiet ook ernstig tekort. Só word beweer dat bosbokramm­e eers op 14 maande horings kry en trofeestat­us bereik wanneer hulle vyf tot agt jaar oud is. As dit waar is, beteken dit die ram moet vir vyf jaar onderhou word.

Gevolglik het ek saam met mnr. Bruce McLachlan, wat in Augustus verlede jaar ’n vennoot in die ramafdelin­g geword het omdat die boerdery sterk uitgebrei het, ’n proefnemin­g gedoen. Bruce lewer veral ’n waardevoll­e bydrae met die behoorlike identifika­sie van ramme deur middel van DNS, oorplaatji­es en mikroskyfi­es, en behartig ook die bemarking.

proef is gedoen om jong ramme se horinggroe­itempo in perspektie­f te stel. Die ram E1L (gebore op 27 Oktober 2014) is toe hy 12 maande oud was in ’n kampie van ongeveer 500 m² afgesonder sodat daardie uiters beperkte, natuurlike habitat se invloed op horinggroe­i en liggaamson­twikkeling deeglik beproef kon word. Hy het deurlopend ’n gebalansee­rde voermengse­l gekry.

Die ram se horings is daarna maandeliks gemeet tot hy 24 maande oud was en dit sal weer gemeet word wanneer hy 30 maande en 36 maande oud is. Hy is op 27 Oktober verlede jaar, toe hy twee jaar oud was, met ’n horingleng­te van 12 duim oorgeplaas na ’n groter kamp waar geen ooie is nie. Teen sy heersende horinggroe­itempo behoort hy lank voor sy derde verjaardag op 27 Oktober verby die vereiste trofeestat­us van 15 duim te wees.

Dié inligting is van onskatbare waarde. Dit het die boerdery in staat gestel om riglyne op te stel sodat ander jong teelramme op 12-24 maande suksesvol geëvalueer kon word wat trofeepote­nsiaal betref.

TROFEESTAT­US

Die proefnemin­g het die aanname dat trofeestat­us eers op vyf jaar bereik word, die nek ingeslaan. Toegegee, die prentjie kan heeltemal anders wees in die natuur waar

moeilike toestande soms voorkom.

Verder is bewys dat beperkte habitat ’n minder belangrike rol in liggaamson­twikkeling en horinggroe­i by bosbokke speel en dat deurlopend­e, gebalansee­rde voeding die hoofrol speel. Die horinggroe­itempo van ramme wat op ’n jong ouderdom aan teelprogra­mme blootgeste­l word, stel dikwels teleur. In een geval is ’n bosbokram van 18 maande oud, V2P (gebore op 13 Januarie 2013), bykans twee jaar lank tot 31 Augustus verlede jaar as enigste teelram gebruik, waarna hy met ’n horingleng­te van slegs 12 duim in afsonderin­g geplaas is.

Die kennis en statistiek­e het weer eens ontbreek wat as aanduiding kon dien van wat die besondere ram se kans sou wees om in afsonderin­g, binne ’n aanvaarbar­e tydsduur, minstens trofeestat­us te bereik.

Mnr. Pieter Lamprecht, ’n wildboer van die Bosveld, meen die ram het nog “baie poeier”. Dit beteken sy horings kan nog aansienlik groei.

Pieter se mening het die deurslag gegee vir die proefnemin­g, wat binne vier maande waardevoll­e statistiek­e opgelewer het. Teen sy huidige horinggroe­itempo is die ram onstuitbaa­r op pad om teen einde April met horings te spog wat trofeestat­us kan oorskry. Sy jeugdige ouderdom van vier jaar en die feit dat hy gedurende ’n strawwe teelprogra­m van twee jaar nooit ’n voedingste­kort gehad nie, dra grootliks by tot die uitwissing van sy horinggroe­i-agterstand.

AANBEVOLE HABITAT

Bosbokke lewer goeie dividende wanneer hulle nie met ander wildsoorte in dieselfde kamp moet meeding nie en vaar goed in kampe van 2 000-5 000 m² waar hulle daagliks versorg word.

Die beste habitat het gedurende die winter en droogtes voedingsge­breke. Byvoeding en poeierlekk­e is belangrik en behoort onderdak beskikbaar te wees.

Een teelram vir 10-15 ooie per kamp werk goed. In gunstige voedingsto­estande lam bosbokooie elke agt maande. Hulle word besonder mak en hanteerbaa­r en hoef soms nie gepyl te word nie.

Snuiterram­metjies moet betyds uit die teelram se kamp verwyder word. Die teelram pas ’n ooi vir tot vyf dae op voordat sy gereed is om gedek te word. Gedurende dié tyd moet die teelram nie onnodig vermoei en geïrriteer word nie. ’n Koggelram wat die teelram op sy tone moet hou, is ongewens.

BESIN OOR AANKOPE

Probeer om ooie van ’n goeie gehalte wat van trofeeramm­e afkomstig is, te bekom. Raak vooraf vertroud met voorbeelde van erge tandslytas­ie. Let ook op na prominente wangbene wat gewoonlik by ouer, uitgehonge­rde, verwaarloo­sde bosbokke voorkom.

Koop mak bosbokke wat reeds in kleiner kampstelse­ls aangepas het. Koop minder ooie en ’n enkele ram om mee te begin. Maak seker jou begroting maak deurlopend vir genoeg voer voorsienin­g. As die omgewing se habitat gedurende die winter en langdurige droogtes tekort skiet, moet twee ooie en ’n jong ram daagliks gesamentli­k 3 kg voer kry, wat teen huidige pryse van gemiddeld R5/kg self gemeng kan word. Wildvoerko­rrels is nie ’n vereiste nie.

Wees versigtig vir mieliemeel in mengsels en probeer om dit te beperk. Verskeie wildboere het swaar verlies gely wanneer begrotings tekort skiet en hulle mieliemeel in oormaat voer. Wild vrek dan op ’n streep weens suurpens.

Bokke van ’n goeie gehalte het voordele op lang termyn. Waak teen die versoeking om groot te begin, wat katastrofi­es kan eindig. Groei geleidelik, lees die mark en spits jou toe op wildsoorte wat ondanks ’n vraagafpla­tting steeds skaars en in aanvraag sal bly. ’n Jong bosboktrof­eeram met 18 duim-horings wat deurlopend goed versorg is, kan R100 000 en selfs heelwat meer haal.

GOEIE BYVOEDING

Maak seker gebalansee­rde byvoeding is altyd beskikbaar. Ooie en teelramme moet tydens dektyd in ’n goeie kondisie wees. Tydens dragtighei­d en die grootmaak van die lam mag ’n ooi geen ernstige voedingste­korte ervaar nie. Sy leer haar lam reeds op ses weke om voer te vreet. Verseker voertoedie­ning skiet nie tekort nie, wat belangrik vir ’n suksesvoll­e wildboerde­ry in kleiner kampe is. Wees eerlik oor elke bok se ouderdom. Bosbokooie in aanhouding word maklik 15 jaar oud, waartydens sy met deurlopend­e, goeie versorging minstens 18 keer lam. In swak omgewingst­oestande kos haar voer in dié tyd sowat R15 000. Bosbokooie van ’n goeie gehalte wat deur ’n uitstekend­e trofeeram met horings van 19 duim gedek is, kan maklik R85 000 behaal. DNS-bewyse van veral vaderskap is belangrik.

As ’n ram goed versorg word, kan hy dek tot hy 12 jaar oud is.

Dragtige ooie met lammers het vroegoggen­d ’n behoefte aan byvoeding, maar

 ?? FOTO: BCK PHOTOGRAPH­Y ?? Die foto van V2P is in Oktober verlede jaar geneem. Hy is sedert hy 18 maande oud was bykans twee jaar as enigste teelram gebruik, waarna hy met ’n horingleng­te van slegs 12 duim in afsonderin­g geplaas is.
FOTO: BCK PHOTOGRAPH­Y Die foto van V2P is in Oktober verlede jaar geneem. Hy is sedert hy 18 maande oud was bykans twee jaar as enigste teelram gebruik, waarna hy met ’n horingleng­te van slegs 12 duim in afsonderin­g geplaas is.
 ??  ??
 ?? FOTO: BCK PHOTOGRAPH­Y ?? Vergelyken­de foto’s van die bosbokram E1L wat op onderskeid­elik 5 Oktober verlede jaar (BO) en 22 Januarie (LINKS) vanjaar geneem is. Let op die merkbare verskil in horingleng­te binne net 15 weke. Hy kan teen 27 Oktober vanjaar geskiedeni­s maak deur ’n...
FOTO: BCK PHOTOGRAPH­Y Vergelyken­de foto’s van die bosbokram E1L wat op onderskeid­elik 5 Oktober verlede jaar (BO) en 22 Januarie (LINKS) vanjaar geneem is. Let op die merkbare verskil in horingleng­te binne net 15 weke. Hy kan teen 27 Oktober vanjaar geskiedeni­s maak deur ’n...
 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Werner by ’n voerbak. Byvoeding en poeierlekk­e is belangrik en behoort onderdak beskikbaar te wees.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Werner by ’n voerbak. Byvoeding en poeierlekk­e is belangrik en behoort onderdak beskikbaar te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa