Landbouweekblad

Ontkalker kry nuwe lewe

Ses jaar nadat ’n slim plan as Boereplan verskyn het, is dit nou ’n kommersiël­e produk wat die smaak van water verbeter en keer dat mikrosproe­iers verstop.

-

Vernuftige boereplann­e, soos dié wat weekliks in Landbouwee­k

blad se boereplanr­ubriek verskyn, vind wyd inslag – en praktiese raakvatter­s verbeter dit dikwels.

Brak water, pype wat toekalk, en ketels vol kalksteen is van die probleme wat inwoners van landelike gebiede ondervind waar gesofistik­eerde watersuiwe­ringsaanle­gte ontbreek.

Een van die trefferpla­nne van mnr. Christi Grobbelaar, voorheen van Luckhoff in die Vrystaat en deesdae van Enzelsberg, Zeerust, in Noordwes, was om goedkoop van kalk in die drinkwater ontslae te raak (sien “Raak goedkoop ontslae van kalk”, LBW, 15 Julie 2011). Hy het ’n sinkblok gebruik omdat dit sterk elektrolit­iese eienskappe het en goedkoop is, en dit in die watertoevo­er tussen sy huis se watertenk en die huis geplaas. Die sink verbeter die smaak van die water en keer dat mikrosproe­iers verstop.

Mnr. Carl Dannhauser, ’n ondernemer van Klerksdorp, is een van die mense wat dié boereplan beproef het. Carl het met Christi se goedkeurin­g die plan verfyn en as ’n H2O-kalkneutra­liseerder gekommersi­aliseer. Hy bied nou ’n volledige eenheid van PVC-materiaal aan wat in die watertoevo­er gekoppel kan word, asook ’n aardkoppel­ing.

Die nuwe H2O-kalkneutra­liseerder bestaan uit ’n 50 mmPVC-pyp (300 mm lank), wat water oor ’n sinkstaaf laat vloei. Die staaf is verbind aan ’n koperdraad wat op sy beurt weer aan ’n aardpen geanker word.

Carl kan nie uitgepraat raak oor die doeltreffe­nde werking van die patent nie.

“Ek het sowat tien jaar gelede groente onder drupbespro­eiing verbou met oneindige probleme

BO: Die H2O-kalkneutra­liseerder bestaan uit ’n 50 mm-PVCpyp (300 mm lank), wat water oor ’n sinkstaaf laat vloei wat aan ’n koperdraad verbind is. Dit is aan ’n aardpen geanker.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa