Landbouweekblad

HOEWE EN SONERING AS PLAAS

- BUTCH VAN BLERK

Ek is besig om ’n hoewe te verkoop waarop twee persone as eienaars geregistre­er moet word ingevolge ’n bepaling van die bank wat die koper se lening toegestaan het. Registrasi­e kan egter nie plaasvind nie omdat die grond as ’n plaas aangedui word op die transporta­kte, en daar ’n verbod is om twee eienaars vir ’n plaas te laat registreer. Dié hoewe was jare gelede ’n onderverde­ling van ’n plaas en is nou in ’n munisipale gebied. ’n Versoek moet nou tot die Minister van Landbou gerig word vir die regstellin­g van die akte. Is ’n munisipale rekening voldoende bewys dat die hoewe nie ’n plaas is nie omdat dit in ’n munisipale gebied geleë is? Heelwat grond binne die stedelike grensgebie­d het steeds landbouson­ering. Die beste opsie is om die kantoor van die Landmeter-generaal te besoek sodat sy kantoor skriftelik kan aandui of die eiendom nog vir landbou gesoneer is. As die sonering na stedelik residensië­le sonering verander kan word, sal die stadsbepla­nner van jou munisipali­teit dit vir jou kan aandui.

Om die transaksie vinniger af te handel kan die twee kopers ’n maatskappy stig en die eiendom in die naam van die maatskappy oordra en hulle kan elk 50% in die maatskappy besit. Andersins sal die veranderin­g van sonering van landbou na residensie­el ’n vereiste wees. Indien hulle dit in die naam van ’n maatskappy oordra, sal hulle ná oordrag voldoende tyd hê om aansoek om die sonering van hul keuse te doen. Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa