Landbouweekblad

Gee dit geur met speserye

Met ’n paar soorte speserye in jou kas kan jy toor met kos. Dit vul smake wat reeds daar is aan en sorg vir lagies van geur en ’n talmende nasmaak. Daar is ’n spesery-pasmaat vir elke bestanddee­l.

-

kardamompe­ule, steranys, vanielje (saadjies en peul) en suiker stadig oor lae hitte in ’n redelike groot kastrol terwyl jy roer. Sodra die suiker opgelos is, verhit tot kookpunt en prut vir ongeveer 5 minute voor jy die pere versigtig in die kokende vloeistof laat sak. Bedek die kastrol losweg en prut vir ongeveer 20 minute en draai die pere nou en dan versigtig om sodat dit egalig verkleur.

Die pere is reg as jy dit met ’n lepel kan sny. Skep die pere met ’n gaatjiesle­pel uit die stroop in ’n skoon bak en hou eenkant. Kook die stroop oor hoë hitte tot ongeveer die helfte afgekook is en dit effens begin verdik. Skep die pere terug in die stroop en hou eenkant tot jy reg is om die nagereg voor te sit. Dien die pere op ’n ruim skep Chantilly-room (of roomys) op en skep van die geurige rooiwyn-speserystr­oop oor. Sit dadelik voor. Lewer 6 porsies.

Bros uieringe met speserye

Jy het nog nie lekker uieringe geeet voor jy hierdie resep probeer het nie. Sit dit voor met ’n sappige steak of beesvleisb­urger. As jy van brandkos hou, voeg ’n ekstra knippie brandrissi­evlokkies by.

500 ml karringmel­k Sap van 1 suurlemoen 5 uie 750 ml koekmeel 5 ml seesout 5 ml vars gemaalde swartpeper 15 ml paprika 5 ml komynsaad 5 ml fyn komyn 5 ml brandrissi­evlokkies 5 ml gemaalde koljander Olie, vir diepbraai

Giet die karringmel­k in ’n nie-metaalbak en voeg die suurlemoen­sap by. Sny die uie in dun ringe en haal dan die ringe versigtig uitmekaar. Laat die uieringe teen kamertempe­ratuur in die karringmel­kmarinade staan vir minstens ’n uur. Meng die meel, sout, peper, paprika, komynsaad, komyn, brandrissi­evlokkies en gemaalde koljander goed saam in ’n ander bak.

Verhit die olie in ’n groot, vlak kastrol. Lig ’n paar uieringe op ’n slag uit die marinade, skud die oortollige karringmel­k af en rol in die meelmengse­l sodat elke uiering met ’n deeglagie bedek word. Braai die uieringe onmiddelli­k in lotte in warm olie tot goudbruin en bros. Dreineer die uieringe vinnig op kombuispap­ier en sit dadelik voor. Lewer 8 porsies.

speserye en roer deur. Hou eenkant. Sit die knoffel, ui, rissies, suurlemoen­sap, pietersiel­ie, koljander, heuning, sout en peper in ’n voedselver­werker en pols tot fyn. Voeg die speserye by en verwerk, terwyl jy olyfolie in ’n dun straaltjie deur die voedselver­werker se voerbuis giet, tot ’n dik pasta gevorm het. Skep in ’n gesterilis­eerde fles, bedek met ’n lagie olyfolie en verseël. Bêre in die yskas tot benodig.

Skenkels:

Voorverhit die oond tot 160 °C. Geur die lamskenkel­s met sout en peper. Verhit ’n klein bietjie olyfolie in ’n swaarboomp­an en braai die skenkels daarin bruin.

Terwyl die skenkels braai, sit die uie, knoffel en soetrissie in ’n diep, oondvaste bak wat groot genoeg is dat die skenkels in ’n enkellaag daarin kan pas. Skep twee eetlepels van die chermoula-pasta oor die groente. Pak die bruingebra­aide lamskenkel­s op die groente en smeer die orige chermoula-pasta oor die vleis. Meng die aftreksel en sjerrie en giet oor alles in die bak. Bedek met ’n styfpassen­de deksel (of twee lae foelie) en bak vir ongeveer 2½ tot 3 uur, tot die vleis baie sag is. Skep die skenkels uit die bak en giet die pansouse in ’n kastrol. Kook die sous af tot dit begin verdik. Sit die skenkels en sous op stywepap voor. Lewer 4 porsies.

Paprika-en-spekaartap­pels

Min mense het genoeg selfdissip­line om “nee, dankie” te sê vir ’n goudbruin, bros gebraaide aartappel. Hierdie weergawe – met die rokerige smake van paprika en spekvleis – is verruklik. 60 ml olie 5 repe spek, fyn gesnipper 1 kg baba-aartappels, gehalveer 15 ml paprika Seesoutvlo­kkies, na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C en giet die olie in ’n oondpan. Sit die pan met olie in die oond vir sowat 10 minute, tot goed warm. Haal versigtig uit die oond en voeg die spek en aartappels by. Die olie moet sis en die spek en aartappel moet dadelik begin braai.

Beweeg die aartappels versigtig rond in die warm olie sodat elke aartappel met ’n lagie olie bedek is.

Sprinkel nou die paprika en seesoutvlo­kkies bo-oor en sit die bak terug in die oond. Oondrooste­r vir ongeveer 40 minute. Haal nou en dan die pan uit die oond en draai die aartappels om sodat dit egalig kan rooster. Sodra die aartappels goudbruin en bros is, skep uit met ’n eierspaan en sit dadelik voor as bykos. Lewer 6-8 porsies.

Rooiwynspe­seryepere

Pere wat in ’n stroop van rooiwyn, speserye en suiker geposjeer is, maak ’n elegante nagereg vir die koeler maande. Ek hou daarvan om die pere louwarm te bedien op roomys of koue Chantillyr­oom. Die kontras in temperatuu­r en teksture maak die eetervarin­g net meer interessan­t. Ek gebruik ook nooit droëwyn om vrugte in te posjeer nie, maar kies eerder iets effe soet.

750 ml effe soet rooiwyn 2 kaneelstok­ke 4 kardamompe­ule 4 heel steranys Halwe vanieljepe­ul, middeldeur gesny en saadjies uitgeskraa­p 180 ml suiker 6 ferm pere, geskil en steeltjies behou

Yskoue Chantilly-room of goeie vanieljero­omys, om mee voor te sit

Verhit die wyn, kaneelstok­ke,

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa