Landbouweekblad

KLEINHANDE­L SMOOR HOËR MELKPRYS IN DIEKIEM

-

’n Melkkoper in die Oos-Kaap het sy prysverhog­ing aan melkboere teruggetre­k, want supermarkt­e weier om die hoër pryse aan verbruiker­s deur te gee.

BOER skryf: Noem die supermark by die naam sodat ons hom kan boikot. Hoe moet boere hul maatskapli­ke verantwoor­delikhede na- kom as supermarkt­e kwaadwilli­g en eensydig weier om hoër pryse te betaal? Die minimum loon van R20 per uur is boere se voorland, asook stygings in verskeie ander produksiem­iddele se prys. In die wynbedryf het boere dieselfde probleem. Almal wil voorskryf en inspeksies doen met betrekking tot die maatskapli­ke omstandigh­ede in die sektor, maar betaal

peanuts vir die produk. Skreiende skande. Boere, gaan stort die melk op die betrokke supermark se voorstoep tot hy instem tot die verhoging wat ons toekom. IAN VAN NIEKERK skryf: Oakland betaal R5,45/liter en ons moes ons winste aan boere afstaan, want verlede jaar kon ons hulle nie met beter pryse teen die hoë mielieprys help nie. Ons help hulle nou, want al is wins onder druk, moet ons die boere op hul plase hou. Die beste wat die mielieprys­verlaging vir die boere gaan bring, is miskien 17,5c/ liter. Ek doen ’n beroep om mense om plaaslike melk te koop. Ek doen ook ’n beroep op die groot maatskappy­e om ’n deel van hul wins af te staan en die boere darem met iets te help om te vergoed vir verlede jaar se verliese. BUTCH skryf: Stap gerus by die supermarkt­e in en kyk wie die “substandaa­rd”-Poolse melk teen laer pryse hier verkoop. Die melk word boonop deur die Europese Unie gesubsidie­er. Suiwel gelykstaan­de aan ongeveer 1 miljoen liter melk per dag word ingevoer. Van die supermarkt­e verkoop dié melk elders in Afrika teen enigiets van R35/liter tot R65/ liter. Suid-Afrika word dus as ’n wegspringp­lek misbruik om die land se melkprodus­ente bankrot te maak (een elke derde dag) en net verder noord reusewinst­e op die melk te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa