Landbouweekblad

VEILIGE PLASE

-

Om vandag in Suid-Afrika te oorleef, moet jy baie dinge kleinkry. Ons het byvoorbeel­d ’n President wat blykbaar bereid is om die land oor die afgrond te trek vir sy eie gewin, terwyl yslike probleme waarmee ons te kampe het, soos plaasmoord­e, min of geen aandag kry.

Volgens die TLU SA se statistiek­e het plaasaanva­lle in die afgelope dekade met 350% toegeneem. In Januarie en Februarie is 26 mense op plase vermoor, teenoor 71 mense in die hele verlede jaar. Dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheids­tudies sê sowat 97 boere van alle rassegroep­e, uitgedruk per 100 000 van die bevolking, is in die boekjaar 2015-’16 vermoor, teenoor 52 polisieled­e per 100 000 en 34 van alle Suid-Afrikaners per 100 000. Dit is dus twee keer so gevaarlik om in Suid-Afrika te boer as om ’n polisieman te wees. Hoeveel duideliker moet dit dan nog gestel word?

Die “historiese” parlementê­re debat oor plaasmoord­e wat in Maart gehou is, het weinig bereik, behalwe dat Suid-Afrika kon hoor watter skokkende menings sekere van ons parlements­lede huldig oor ons boere wat kos op hul tafel sit.

Toe die kommando’s destyds deur pres. Thabo Mbeki afgeskaf is, is sektorpoli­siëring en ’n landelike veiligheid­splan as die oplossing voorgehou. Almal het daarteen gewaarsku. Nou, volgens statistiek­e wat aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir polisiërin­g verskaf is, blyk dit sommige polisiekan­tore in landelike gebiede het nog nie eens met sektorpoli­siëring begin nie, terwyl sowat 50% nie eens aan die minimum vereistes daarvoor kan voldoen nie. Dít weliswaar ondanks individuel­e polisieman­ne en -vroue wat steeds ’n onmisbare bydrae tot die beveilig van ons boeregemee­nskap lewer.

Die boodskap is duidelik: Boere is op hulself aangewese. Tans is dit van mindere belang wat agter die plaasmoord­e skuil as om net eers seker te maak Suid-Afrika verloor nie nog ’n boer nie.

Boere se reaksie op dié harde werklikhei­d hang baie af van waar in die land hulle boer. In Noordwes se mieliewêre­ld, met sy klein dorpe omring deur townships en binne trefafstan­d van die groot stede, organiseer boere hulself nou ná ’n reeks skokkende moorde in die Kersvakans­ie. Kommunikas­ie deur middel van WhatsAppgr­oepe, die insameling van data en opleiding vir boere se hele gesin is aan die orde van die dag. In die Noordoos-Kaap, waar my familie digby die ou Transkei boer, werk wit en swart boereveren­igings met groot sukses saam om misdaad hok te slaan in die nadraai van die plaasmoord op die geliefde skoolhoof Ruben Gouws.

Boere kan baie doen, byvoorbeel­d met honde. Toe Amerikaans­e spesiale magte die voormalige Bloemfonte­inse onderwyser Pierre Korkie in Jemen probeer bevry het tydens ’n nagoperasi­e, was dit die geblaf van ’n hond wat hul teenwoordi­gheid verklap het, ondanks hul wêreldklas-toerusting en -opleiding. Honde kan maklik vergiftig word. Tog het prof. Rudolph Zinn van Unisa ná onderhoude met veroordeel­de inbrekers in Gautengse tronke ontdek klein, wakker hondjies wat in die huis slaap, is een van net twee goed wat inbrekers afskrik. Die ander is palissadeh­einings wat die huis sigbaar maak van die straat af.

Landbouwee­kblad gaan ook ’n bydrae lewer. In die komende weke gaan ons ’n reeks artikels publiseer met praktiese plaasveili­gheidswenk­e wat ons landwyd insamel. As dit net een boer se lewe kan red, sal dit die moeite werd wees. Want só kan dit wragtig nie meer aangaan nie. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa