Landbouweekblad

Skandaal raak straks net SA deli-produkte

- — CARIEN KRUGER

DIE PLAASLIKE bedryf vir verwerkte hoenderpro­dukte sal die meeste geraak word deur Suid-Afrika se beperking op die invoer van vleisprodu­kte vanaf sekere Brasiliaan­se aanlegte.

Sowat 42% van ingevoerde pluimveepr­odukte het verlede jaar uit Brasilië gekom. In verlede jaar se laaste kwartaal was meer as 70% daarvan bevrore, meganies ontbeende hoendervle­is wat plaaslik in verwerkte produkte gebruik word.

’n Skandaal het die Brasiliaan­se vleisbedry­f middel Maart getref nadat die polisie daar bekend gemaak het hy ondersoek beweerde omkopery van amptenare wat daartoe kon gelei het dat bederfde hoender- en beesvleis van 21 verwerking­saanlegte uitgevoer is.

Mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), sê alle geprosesse­erde hoendervle­isprodukte in Suid-Afrika kan in ’n stadium Brasiliaan­se, meganies ontbeende vleis bevat, maar verbruiker­s sal nooit weet wat die oorsprong van die meganies ontbeende vleis in sulke produkte is nie.

Ingevoerde Brasiliaan­se agterkwart­e sal volgens hom waarskynli­k eerder in plaaslike supermarkt­e se slaghuisaf­delings as in hul vrieskaste verkoop word.

Supermarkg­roepe het in mediaberig­te gesê hulle het baie min Brasiliaan­se produkte op hul rakke.

NOG AANLEGTE

Lovell sê dit is nog te vroeg om te kan raam wat die invoerbepe­rking se invloed in ton kan wees.

“Ons gaan nog die volume van die betrokke aanlegte na. Daar is baie ander aanlegte in Brasilië.

“Suid-Afrika se invoerbepe­rking is net op die aanlegte wat ondersoek word, waarvan drie toegemaak is.

“Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het besluit om ’n versigtige benadering te volg, wat die risiko beperk sonder om handel erg te belemmer.”

Lovell sê as die invoerbepe­rking ’n groot invloed het, sal dié invoer waarskynli­k met produkte uit die Europese Unie vervang word.

MEER TOETSE

Sommige lande het onmiddelli­k ’n algehele verbod op Brasiliaan­se hoender ingestel, maar van hulle, soos China, het dit intussen weer opgehef om, soos Suid-Afrika, net produkte van die betrokke aanlegte te verbied.

Suid-Afrika het Brasilië vir ’n lys gevra van die aanlegte wat ondersoek word en ook gevra dat uitvoer vanaf daardie aanlegte verbied word totdat die kwessie tot die tevredenhe­id van die Suid-Afrikaanse veterinêre owerheid opgelos is.

Suid-Afrikaanse amptenare by toegangspu­nte tot die land moet nou elke houer vleis uit Brasilië volgens bestaande beleid toets.

Volgens die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) voer Suid-Afrika reeds ’n geruime tyd geen skaap- en beesvleis van Brasilië in nie. Die organisasi­e het die departemen­t gelukgewen­s met “vinnige en doeltreffe­nde optrede” ná die vleisskand­aal. “Dit is verblydend dat die twee lande se veterinêre owerhede so goed saamwerk en doeltreffe­nd kommunikee­r.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa