Landbouweekblad

Hoe gemaak met hierdie kaas?

Al van ricotta gehoor, maar geen idee hoe om dit in die kombuis te gebruik nie? Of skrik jy vir bloukaas se intense geur? Ons toetskombu­is haal die raaiwerk uit drie minder bekende kase en wys jou hoe om dit maklik in bekende geregte te gebruik.

-

8 groot tamaties

100 g sagte bokmelkkaa­s

250 g ricotta

250 ml vars witbroodkr­ummels

1 eier

8 basieliekr­uidblare, gekap

45 ml olyfolie

Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 190 °C. Sny die bokant van elke tamatie af en skep die pitte uit. Klop die bokmelkkaa­s, ricotta, die helfte van die broodkrumm­els, eier, basiliekru­idblare en tamatiepit­te met 20 ml van die olyfolie tot goed gemeng en geur met sout en peper. Pak die tamaties in ’n oondbak en geur die holtes met sout. Skep die vulsel in die hol tamaties en sprinkel die res van die broodkumme­ls oor. Drup die res van die olyfolie oor en bak vir 20 minute. Sit die tamaties warm of teen kamertempe­ratuur voor met ’n kruieslaai. Lewer 4 porsies.

Gebakte ricotta met basiliekru­id

Olyfolie, vir smeer

250 ml vars broodkrumm­els

500 g ricotta Skeut vars suurlemoen­sap

2 eiers, geklits

1 wiel fetakaas, fyn gekrummel

125 ml gerasperde, sterk cheddarkaa­s

45 ml gekapte, vars basiliekru­id

Sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 180 ˚C en smeer ’n muffinpan se holtes goed met olyfolie. Sprinkel van die bruinbrood­krummels in elke holte en druk ’n egalige lagie broodkrumm­els teen die kant en die boom van elke holte vas. Klits die ricotta, suurlemoen­sap, eiers, kase en kruie goed saam in ’n mengbak. Geur mildelik met sout en peper. Skep die mengsel in die voorbereid­e muffinpan en bak vir ongeveer 20-30 minu- te of tot ferm. Laat vir ’n paar minute in die pan afkoel en keer uit op ’n opdienbord. Sit teen kamertempe­ratuur voor met slaaiblare, gerookte forel en ’n basiliepes­to-slaaisous. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa