Landbouweekblad

ENT VEE IN EN VERMY DIERESIEKT­ES

-

DIERESIEKT­ES, soos knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e, bloutong, Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en galsiekte, wat nou op groot skaal uitbreek, kan vermy word mits boere hul vee voorkomend ingeënt het.

Hierdie siektes neem skerp toe in gebiede wat goeie reën gekry het, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), in sy Februariev­erslag oor veesiektes. Daar is goeie entstowwe vir die meeste siektes verkrygbaa­r en boere behoort nou reeds planne te beraam om hul vee betyds voor volgende somer in te ent.

Anders as wat sommige boere glo, doen nie net skape bloutong op nie, maar ook beeste en inheemse wild, hoewel hulle nie simptome toon nie. Hulle speel ’n rol in die vermeerder­ing en onderhoud van bloutongvi­russe.

MUGGIES

Bloutong word deur virusse van die genus Orbivirus veroorsaak. Die siekte steek nie met kontak tussen diere aan nie, maar die virus word biologies deur bloedsuien­de muggies van die genus Culicoides oorgedra. Die virus word in die derms van die muggie vermeerder nadat hy virusse saam met besmette bloed van ‘n gasheerdie­r opgesuig het. Dan versprei dit na die muggie se speekselkl­iere waar dit na ’n skaap, bees of bok oorgedra word wanneer die muggie weer bloed opsuig.

Tekens van bloutong by skape is koors en geswelde lippe en ander dele van die gesig. Die lippe, neus en oogslymvli­es kan selfs bloei. Die tong kan vergroot weens swelling en by die bek uitsteek. Tot 20% van aangetaste skape vrek.

Die beste behandelin­g is goeie sorg met voer, water en skaduwee.

ROOIWATER VERSPREI

Die blouboslui­s wat Asiatiese rooiwater veroorsaak, versprei na dele wat voorheen vry van hierdie dodelike siekte was. Boere moet voorsorg tref deur kalwers op 4-6 maande in te ent om immuniteit te skep. Volwasse diere word elke drie jaar ingeënt.

PARASIETE

Parasiete floreer wanneer dit reën; dan kan grootskaal­se vrektes voorkom weens inwendige parasiete, veral haarwurm. Uit- wendige parasiete neem ook toe en veroorsaak onder meer Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater, anaplasmos­e en knopvelsie­kte.

INSEKOORDR­AAGBARE SIEKTES

Ernstige uitbreking­s van knopvelsie­kte, drie-dae-stywesiekt­e en bloutong is aangemeld. In die meeste gevalle was die vee nie in- geënt nie. Stilstaand­e water is die ideale habitat vir muskiete om uit te broei. Hulle is die gashere wat slenkdalko­ors versprei, terwyl muggies bloutongvi­russe oordra. Die insekte versprei ook Wessels- bronsiekte en Afrikaperd­esiekte.

GESLAGSIEK­TES

Veral trigomonos­e neem buite be- heer toe. Boere moet seker maak hulle koop slegs gesonde vee by betroubare boere wat bioseker- heid toepas.

Vir nog inligting oor die siektes en toestande besoek www.landbou.com en klik op Indeks van Antwoorde.

RUVASA se verslag word maandeliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig oor die voorkoms van siektes, maar veral om siektes wat in hul gebied voorkom of kan voorkom, voorkomend te bestry en te let op diere wat met siektes en parasiete aangekoop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa