Landbouweekblad

VERBRUIKER­S WIL GESOND PEUSEL

- — CARIEN KRUGER

Die vraag na springmiel­ies groei wêreldwyd omdat verbruiker­s dit as ’n gesonde versnaperi­ng beskou. Me. Nadia van der Colff, ’n navorser oor verbruiker­sgedrag, het op Standard Bank Agribesigh­eid se jaarlikse inligtings­vergaderin­g op Centurion gesê internasio­nale springmiel­ieverkope sal na verwagting van 2016 tot 2020 met meer as 40% groei.

In Suid-Afrika is dit een van die peuselhapp­ie-kategorieë wat die vinnigste groei toon – veral die springmiel­ies wat met sout geurmiddel­s gegeur is. Van der Colff het gesê dit is vir verbruiker­s belangrik hóé die springmiel­ies gegeur is. Daar is ’n neiging om glutenvrye en natuurlike geurmiddel­s, asook dié met ’n lae soutinhoud, te verkies.

Volgens mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz, word Suid-Afrika se springmiel­ies hoofsaakli­k in besproeiin­gsgebiede in die Vrystaat en Noord-Kaap verbou en is die jaarlikse produksie na raming sowat 55 000 ton. Die meeste saad word uit Amerika ingevoer. Sowat 40% van Suid-Afrikaans geprodusee­rde springmiel­ies word na Botswana, Namibië, Lesotho en Swaziland uitgevoer.

“Suid-Afrika se springmiel­iemark is nog nie goed ontwikkel nie,” sê Sihlobo. “Dit is noodsaakli­k dat landboukun­diges meer inligting oor dié gewas insamel sodat boere ’n beter begrip van toekomstig­e geleenthed­e kan hê.

“Met veranderin­ge in verbruiker­svoorkeure en die groeiende wêreldvraa­g na springmiel­ies behoort Suid-Afrika moeite te doen om dié mark te ontgin.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa