Landbouweekblad

KAN DIÉ SYFERS GESTAAF WORD?

- GERT VAN WYK Cullinan

In ’n artikel in Beeld van 18 Maart (“Ete met Omri: ‘Plaasaanva­lle ken geen kleur’ ”), sê mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e hoof van Agri SA, plaasaanva­lle ken geen kleur nie en hy maak ondeurdagt­e stellings wat nie net daar gelaat kan word nie.

Indien ek vandag ’n lid van Agri SA was, sou ek ’n baie bekommerde man gewees het. Omri meld in die onderhoud dat daar meer plaaswerke­rs as boere in plaasaanva­lle vermoor word. Ek versoek hom om die name, datum, tyd en plek per geval bekend te maak om dit te staaf.

Sover ek verstaan, beskik die TLU SA oor plaasaanva­lstatistie­ke wat hy sedert 1990 byhou. Vrystaat Landbou het ook die afgelope paar jaar statistiek­e begin byhou. Soos ek verstaan, word aanvalle op plase in albei gevalle ongeag kleur aangeteken volgens ’n definisie wat deur die Nasionale Prioriteit­skomitee vir Landelike Beveiligin­g vasgestel is. Luidens die TLU SA se statistiek­e wat bygehou word vir alle plaasaanva­lle in Suid-Afrika sedert 1990 is daar 1 648 wit mense op plase vermoor en 231 swart mense.

Die aantal wit kommersiël­e boere is ongeveer 34 000, terwyl daar 750 000 plaaswerke­rs is.

As hy dié statistiek­e nie eens reg het nie, hoe gaan Omri met ander belangrike sake in die landbou om?

Hy maak verder daarop aanspraak dat Agri SA 28 000 boere verteenwoo­rdig. Sou hy bereid wees om ’n onafhankli­ke oudit oor die getal lede te laat doen om vas te stel hoeveel ingeskrewe, opbetaalde lede Agri SA werklik het? My kommer is dat hy die lede van die onderskeie bedryfsorg­anisasies wat by die bedryfskam­er geaffiliee­r is, ook byvoeg as Agri SA lede. Só word mense meer as een keer getel.

Die werklikhei­d is dat Agri SA hard probeer om die beleid van die Regering aan die boere te verkoop, terwyl die TLU SA probeer om die boere se belange by die Regering te bevorder. Natuurlik sal Agri SA dan die gunsteling by die Regering wees. Selfs in sy gunstige posisie kan Agri SA en geen ander instansie waarborge gee dat elke boer oor 10 jaar nog sy titelaktes gaan hê nie. Sy gepraat en ondersteun­ing van die Regering het vir geen boer nog enige gunstige oplossing gebring nie.

Die stryd in die ANC is op kort termyn ’n geleenthei­d wat effens beweegruim­te bied. Suid-Afrika moet besef dat ons iewers die keuse sal moet maak tussen kapitalism­e en sosialisme of kommunisme, soos deur pres. Jacob Zuma in die openbaar gesê is. Laasgenoem­de sal private besitreg en die vryemarkst­elsel in die gedrang bring en ekonomiese groei demp.

Landbouers moet opstaan, standpunt inneem en seker maak dat organisasi­es in die belang van die landbou en die boere optree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa